re: Terme E>A

25 views
Skip to first unread message

Viljoen, HC <hcv@sun.ac.za>

unread,
Jul 7, 2010, 3:17:08 AM7/7/10
to rekena...@googlegroups.com

Beste Jackie,

 

Dit is my gewoonte om ‘n aanvaarde definisie van die enige woord in die oorspronklike taal te bekom voordat ek dit probeer vertaal; ongelukkig verskil definisies vir dieselfde woord dikwels van mekaar, en verander verander dit soms van tyd tot tyd. ’n Goeie voorbeeld is “podcast” wat oorspronklike ’n samestelling was van “iPod” (’n handelsmerk) en “broadcast”. Dit sou dus in Afrikaans “podsaai” kan wees (met “uitsaai” vir “broadcast”). Ongelukkig gebruik RSG die simpel woord “potgooi” wat niks met ’n pot en niks met gooi te doen het nie.

’n Definisie vir Podcast (verkry mbv Google) lui soos volg: “Podcasts are digital audio files (typically MP3s) posted to the Web for anyone to download and listen to,” en ’n derde: “Podcast, which the Oxford American Dictionary named the "Word of 2005," is a media file (usually audio but sometimes video) made available for download to a portable device or personal computer”. Dit sluit derhalwe deesdae ook videolêers in. ’n “podcast” is dus eintlik maar ook net ’n “medialêer.”

 

Vir “VODcast” kry ek die volgende: “VODcast is a registered trademark of SeaChange International, Inc., coined in 2001 referring to a video on demand (VOD) multicasting technology that requires special hardware and software.” Normaalweg word handelsmerke nie vertaal nie (“Windows” is “Windows” in Afrikaans). Dit sou dus “video op aanvraag” wees as na die aktiwiteit verwys word. “VOAsaai” klink vir my nog ‘n bietjie vreemd...

 

Vir “Lock Down Browser” kry ek die definsie: “Lock Down Browse: Offers the administrator the ability to control where the user navigates on the internet through the use of key words and specified URLs.” Dit is derhalwe ’n blaaier (“browser”) wat mbv sleutelwoorde internetsoektogte tot bepaalde tipe webwerwe beperk; miskien “voorwaardelike blaaier” in Afrikaans?

 

Vir “hybrid learning” het ek gevind: “Hybrid learning: refers to a mixing of different learning environments. The phrase has many specific meanings based upon the context in which it is used. It gives learners and teachers a potential environment to learn and teach more effectively.” Dit sal waarskynlik “hibriede leer” in Afrikaans wees.

 

Webconferencing” is m.i. internetkonferensie.

 

Bedoel as ’n paar klippe in die kuberbos.

 

Groete

Christo

 

 

Jackie <jackie....@gmail.com> Jul 06 05:31AM -0700 ^

 
Ek is nuut by hierdie groep, en soek asseblief dringend hulp. Ek is
besig met die vertaling van teks oor die gebruik van te
gnologie in
onderrig, en hier is nou verskeie goggas waarmee ek nie raad het nie.
Enigeen wie se e-pos vandag wel werk, help, asseblief. die probleme
is die onderstaande:
 
podcasts
vodcasts
Lock Down Browser.
podcasting
hybrid learning
webconferencing
 
By voorbaat baie dankie!

 

Samuel Murray (Durbanville)

unread,
Jul 7, 2010, 5:05:28 AM7/7/10
to rekena...@googlegroups.com
Viljoen, HC <h...@sun.ac.za> wrote:

> ’n “podcast” is dus eintlik maar ook net ’n “medialêer.”

Ja, maar dis 'n spesiale soort medialêer. Wikipedia se definisie maak
dit duideliker:

A podcast (or non-streamed webcast) is a series of digital media files
(either audio or video) that are released episodically and often
downloaded through web syndication.

Die feit dat dit 'n reeks is (of bedoel is/was as 'n reeks) is
belangrik. Podcasts is dus episodes of aflewerings (in die media-sin
van die woord).

Ek was aanvanklik glad nie mal oor potgooi nie, maar dis nou redelik
ingeburger, ook in formele tekste. As jy dit nie wil gebruik nie,
probeer "episodelêers" met "podcast" in hakies daarna.

> Vir “*VODcast*” kry ek die volgende: “/VODcast is a registered trademark

> of SeaChange International, Inc., coined in 2001 referring to a video on
> demand (VOD) multicasting technology that requires special hardware and

> software/.”

My eerste raaiskoot sou wees dat vodcast bloot video+podcast is, en die
Wikipedia ondersteun daardie teorie:

Video podcast (sometimes shortened to vodcast) is a term used for the
online delivery of video on demand video clip content via Atom or RSS
enclosures. The term is used to distinguish between podcasts which most
commonly contain audio files and those referring to the distribution of
video where the RSS feed is used as a non-linear TV channel to which
consumers can subscribe using a PC, TV, set-top box, media center or
mobile multimedia device. Web television series are often distributed as
video podcasts.

However, the term podcast has from its inception described the
distribution of digital media files, including video and audio via RSS
enclosures and hence the terms video podcast, vodcast, and less commonly
vidcast, are redundant.

Dit is dus 'n term wat gebruik word in tekste waar daar 'n gevaar
bestaan dat die leser nie besef dat potgooie ook videolêers insluit nie.
As jy dit werklik nodig vind om die onderskeid te tref, sou ek
"video-potgooi" voorstel.

> Vir “*Lock Down Browser*” kry ek die definsie: “/Lock Down Browse:

> Offers the administrator the ability to control where the user navigates

> on the internet through the use of key words and specified URLs/.” Dit

> is derhalwe ’n blaaier (“browser”) wat mbv sleutelwoorde
> internetsoektogte tot bepaalde tipe webwerwe beperk;

Die definisie wat jy aanhaal klink korrek, maar jou afleiding dat dit
gaan oor sleutelwoorde in 'n soektog is 'n verkeerde interpretasie van
die definisie. Die definisie wat jy noem, maak spesifiek melding van URL'e.

Ek sou gaan vir liggingbeperkte blaaier of beperkteadres-blaaier, dus 'n
blaaier waarmee die gebruiker net 'n beperkte aantal adresse of
webliggings kan besoek.

> Vir “*hybrid learning*” het ek gevind: “/Hybrid learning: refers to a

> mixing of different learning environments.

Wat my betref is "hybrid learning" 'n potensieel baie algemene term wat
werklik enige iets kan beteken, afhangande van hoe die skrywer die term
gebruik. Daarom stem ek saam dat "hibriede leer" of dalk "hibriede
leermetodes" die beste uitweg is.

> “*Webconferencing*” is m.i. internetkonferensie.

Wat my betref is webconferencing spesifiek 'n konferensie of kongres wat
via die web plaasvind (dus nie internet nie, maar web). In so 'n aanlyn
kongres word alles via die webblaaier gedoen (selfs dinge wat normaalweg
baie beter deur ander metodes soos kitsboodskappe of e-pos sou kon geskied).

Ek vra my egter of webconferencing in jou (Jackie se) teks verwys na 'n
die handeling om 'n webconference aan te bied of na die metodes wat
gebruik word om 'n webconference aan te bied. Die probleem is dat die
woord "conferencing" in Engels enersyds vir 'n kongres gebruik word maar
andersyds ook vir enige soort gesprek waarby meer as 2 mense betrokke is.

Samuel


Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages