Kuberpleeg

22 views
Skip to first unread message

Anne Matthews

unread,
Apr 13, 2011, 8:55:31 AM4/13/11
to rekena...@googlegroups.com
Hi
 
Ek moet die woord 'kuberpleë' in Engels vertaal.  Volgens die kuberwoordeboek is 'kuberpleeg' = cyberplegic.
 
Wat beteken die woord?
 
Anne

Samuel Murray (Ugchelen)

unread,
Apr 13, 2011, 9:10:23 AM4/13/11
to rekena...@googlegroups.com
Anne Matthews wrote:

Ek neem aan dis iemand wat niks van rekenaars af weet nie, of dalk
iemand wat totaal en al deur die rekenaar verlam is (dus twee
teenoorgesetlde moontlike betekenisse). Ek kry nie die Engelse term op
die web nie.

Samuel

Anne Matthews

unread,
Apr 13, 2011, 9:18:51 AM4/13/11
to rekena...@googlegroups.com
Die sin waar dit gebruik is:
Die enorme kloof tussen kuberpleë en kubervaardiges sal onoorbrugbaar word.
 
Ek neem dus aan dat dit "iemand wat totaal en al deur die rekenaar verlam is" sal wees.
 
Dankie vir die hulp.
 
Anne

Paul Bosman

unread,
Apr 13, 2011, 9:51:52 AM4/13/11
to rekena...@googlegroups.com

Jou eerste aanname is die korrekte een, ek het dit al verskeie kere teëgekom.

 

Groetnis

Paul Bosman

 


From: rekena...@googlegroups.com [mailto:rekena...@googlegroups.com] On Behalf Of Samuel Murray (Ugchelen)
Sent: 13 April 2011 3:10 PM
To: rekena...@googlegroups.com
Subject: Re: [waitt 217] Kuberpleeg

 

Anne Matthews wrote:


No virus found in this message.
Checked by AVG - www.avg.com
Version: 10.0.1321 / Virus Database: 1500/3569 - Release Date: 04/12/11

Friedwin Fleischmann

unread,
Apr 14, 2011, 1:52:10 AM4/14/11
to rekena...@googlegroups.com
Nog nooit van die woord gehoor nie en kon hom ook nie in 'n woordeboek opspoor nie. Jy het nie dalk die konteks waarin dit gebruik word nie?

Op die keper beskou klink dit na 'n samestelling tussen cyber- = rekenaar en -plegia = verlamming. Klink asof iemand wou slim lyk en 'n meer hoogdrawende woord (kwasi-mediese term in latyn) vir "rekenaargestremdheid" gemaak het, wat self alreeds problematies is: mense is immers verlam/gestremd aan 'n liggaamsdeel, nie 'n losstaande masjien nie.

Wat van die gewone "rekenaarongeletterd" / "computer illiterate"? Mense weet immers wat dit beteken. Dit is na my mening ook meer akkuraat, dit skep nie die - verkeerde - indruk dat dit nou maar eenmaal 'n "gestremdheid" is waarmee die "pasiënt" permanent sit en niks kan doen om dit te verbeter nie - dit verg bloot die aanleer van sekere rekenaarvaardighede om die "toestand" reg te stel.

Wel, miskien was die oordrewenheid van die woordkeuse deur die skrywer gemik op een of ander humoristiese effek, maar humor kan ook maklik misverstaan word.

Groete,
Friedwin


2011/4/13 Anne Matthews <aemat...@absamail.co.za>
Hi

Anne Matthews

unread,
Apr 14, 2011, 2:13:22 AM4/14/11
to rekena...@googlegroups.com
Die woord kom voor in 'n Beeld berig oor e-vaardigheid (30 Maart 2011).  En die woord kom voor in die kuberwoordeboek van Viljoen, Du Plooy & Murray.  Dit is interessant dat die woord in die woordeboek voorkom, maar niemand op hierdie lys het daarvan gehoor nie.
 
Die konsensus is dat dit  na iemand wat internet-ongeletterd is verwys. Hier is die sin waar dit voorkom.
 
Die enorme kloof tussen kuberpleë en kubervaardiges sal onoorbrugbaar word.
 
 
--

Friedwin Fleischmann

unread,
Apr 14, 2011, 5:58:17 AM4/14/11
to rekena...@googlegroups.com
Ek volstaan by my beskeie mening dat die woord nie in 'n gehalte-skryfstuk tuishoort nie. Maar ons praat van Beeld, dus is my opinie in elk geval nie van toepassing nie ;-)

2011/4/14 Anne Matthews <aemat...@absamail.co.za>

Erich Lutz

unread,
Apr 14, 2011, 6:41:17 AM4/14/11
to rekena...@googlegroups.com
Lol, maar ek hou nogal van die woord...

Roland Giesler

unread,
Apr 14, 2011, 10:38:19 AM4/14/11
to rekena...@googlegroups.com
Dit gaan my verstand te bowe. Hoekom is afrikaans (of sommige
afrikaanses) so behep met kuber? Die engelse het cyberspace. En nou
moet alles en nogwat in afrikaans kuberdit en kuberdat word?

Ek spreek my kuberwoede daaroor uit in hierdie kuberpos deur my
kuberkonneksie aan die kubergroep wat deur kubertegnologie aan die
wereldwye kuberweb gekoppel word. Gelukkig kan ek die kubergeld wat
ek met die kuberkoning, Adriaan se slim piramiede plan gemaak het,
gebruik om julle kuberbreine daarmee te smokkel. Dan los ek almal in
my kuberhuis met kubervermaak en onttrek myself stilletjies aan die
kuberklub en kuberkyk na wat gebeur deur my kubernaar.

:-]


2011/4/14 Erich Lutz <eric...@gmail.com>:


> Lol, maar ek hou nogal van die woord...
>
> On 2011 Apr 14, at 11:58, Friedwin Fleischmann wrote:
>
>> Ek volstaan by my beskeie mening dat die woord nie in 'n gehalte-skryfstuk tuishoort nie. Maar ons praat van Beeld, dus is my opinie in elk geval nie van toepassing nie ;-)
>

Petri Jooste

unread,
Apr 14, 2011, 2:39:09 PM4/14/11
to rekena...@googlegroups.com
In Afrikaans is 'kuber' vir my amper net so 'n grillerige woord as 'komper'.
:o

--
Sent from my mobile device

Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages