Ek wil graag aan iemand by Google wys hoe sleg die huidige vertalings
van hul koppelvlak is wat hulle sogenaam 'n hoë vertroue in het. Daarom
het ek die eerste 250 stringe van die Orkut-teks geneemen daarop
kommentaar gelewer. Ek het probeer om my kommentaar so neutraal
moontlik te hou, met geen voorkeure of stylveranderinge nie.
Ek sal egter wil wys dat my opinie gestaaf word deur ander vertalers.
Daarom vra ek dat julle asseblief die dokument aflaai en byskryf of
julle met my kommentaar saamstem. As daar dinge is waaroor ons verskil,
kan ons dit op die lys bespreek, maar die doel van die dokument is om te
wys dat die vertaling swak is en dat dit nie net één persoon se opinie
is nie.
Die dokument is hier (vir die komende 7 dae):
http://www.yousendit.com/download/TzY3K0dqSEJFd2NLSkE9PQ
Stuur julle kommentaar direk aan my (in die dokument sélf) of op die
poslys hier.
Dankie
Samuel
> Die dokument is hier (vir die komende 7 dae):
>
> http://www.yousendit.com/download/TzY3K0dqSEJFd2NLSkE9PQ
Jammer, daardie adres bevat 'n ouer, verkeerde weergawe van my lêer.
Probeer dié een:
http://www.yousendit.com/download/TzY3K0dtRStveE1LSkE9PQ
Samuel