TERM: thumbnail

10 views
Skip to first unread message

Samuel Murray (Ugchelen)

unread,
Oct 5, 2010, 9:05:27 AM10/5/10
to ZaL...@yahoogroups.com, rekena...@googlegroups.com
Hallo almal

Met watter vertaling van "thumbnail" sou julle tevrede wees (in die sin
van 'n klein prentjie wat vir 'n groter prent staan)? Ek gebruik
sommer "duimnael" maar ek weet daar is mense wat nie daarvan hou nie.
PUK se vertalers het op 'n stadium posseëlprentjie gebruik, wat baie
oulik klink, maar dis 'n baie lang woord. Wat van naelprentjie? Sal
mense verstaan wat dit is? Hoe dink julle?

Groete
Samuel

fr13dwin

unread,
Oct 5, 2010, 9:33:15 AM10/5/10
to rekena...@googlegroups.com
Ek skat die probleem met baie rekenaarterme is die feit dat daar reeds
'n hele kultuuragtergrond (meestal Amerikaans) daaragter bestaan. Dus
kan hulle 'n kort(er) woord bekostig want mens weet vir watter begrip
die woord staan. Mense uit ander agtergronde het nie noodwendig
daardie konnotasie/assosiasie nie. Met "thumbnail", toe ek die term
die eerste keer gesien het (sonder konteks), het ek nogal gewonder WDA
dit sou beteken. Toe vind ek uit dit is 'n verkleinde weergawe van die
volledige prent, maar ek moet erken dat die verbinding met my duim se
nael nog steeds vaag is - ek skat dit kom seker uit 'n ander industrie
(grafiese ontwerp?) waar die term om een of ander rede ontstaan het.
Ek dink verder dat "thumbnail image" dalk nader aan die oorspronklike
term is, en dalk ietwat meer beskrywend is ('n prent so groot soos 'n
duimnael).

Selfs al vertaal mens 'n term woordeliks, is dit nog nie noodwendig
selfverduidelikend vir leke soos ek nie. 'n Vertaling soos
"duimnaelprentjie" of "posseëlprentjie" is darem ietwat beskrywend,
want mens kan raai dis 'n prentjie van min of meer daardie grootte.
Dit sê nog nie vir my dat dit 'n VERKLEINDE weergawe van 'n
volgrootte-prent is nie ... (En ja, dis lank.)

Dus, wat van iets soos "krimpprent"? Andersins sal "miniprent" miskien
ook werk. Of ternouernood "prentjietjie" ;-).

Groete,
Friedwin


2010/10/5 Samuel Murray (Ugchelen) <le...@absamail.co.za>:

Erich Lutz

unread,
Oct 5, 2010, 9:45:09 AM10/5/10
to rekena...@googlegroups.com
My eerste gedagte was iets dergeliks: kiekietjie of kleinkiekie...

Erich

On 2010 Okt 5, at 15:33, fr13dwin wrote:

> Of ternouernood "prentjietjie" ;-).

Petri Jooste

unread,
Oct 5, 2010, 9:53:04 AM10/5/10
to rekena...@googlegroups.com
Ek hou van miniprent (of selfs krimpprent).

Groete
Petri

Samuel Murray (Ugchelen)

unread,
Oct 5, 2010, 9:54:12 AM10/5/10
to rekena...@googlegroups.com
Petri Jooste wrote:

> On 10/5/10, fr13dwin <fr13...@ananzi.co.za> wrote:

>> Dus, wat van iets soos "krimpprent"? Andersins sal "miniprent"
>> miskien ook werk. Of ternouernood "prentjietjie" ;-).

> Ek hou van miniprent (of selfs krimpprent).

Ek hou van krimpprent... maar is dit nie moeilik om uit te spreek nie?

Samuel

fr13dwin

unread,
Oct 5, 2010, 10:15:59 AM10/5/10
to rekena...@googlegroups.com
Een dood moet mens sterf.... ;-)

As jy "prent" met "beeld" vervang, het jy darem 'n ietwat verskillende
klank. Andersins: verklein{prent|beeld}, of sommer net
klein{prent|beeld}. Maar dan is ons amper terug by mini-.

Dwergportret? <Trek Sakboek van Regte Afrikaans nader, maak oop by
miniatuur...> Ja, waar die Engelse van miniature ... praat, kan mens
dikwels dwerg-... gebruik (diererasse, soorte blomme, ens.). Hmmm,
hulle sê egter dis 'n "miniatuurskildery", fienies en klaar.

Ander gedagterigtings hieruit: samevoegings met bantam- of bonsai-.

Groete,
Friedwin

Chavoux Luyt

unread,
Oct 5, 2010, 11:07:12 AM10/5/10
to rekena...@googlegroups.com
hmmm

2010/10/5 Erich Lutz <eric...@gmail.com>

My eerste gedagte was iets dergeliks: kiekietjie of kleinkiekie...

Kleinkiekie klink vir my goed op die oor, maar ek is net nie seker of almal sal weet wat dit is nie. Posseëlprentjie is weer vir my meer duidelik, maar bietjie lank. Naelprentjie sou in my opinie wel kon werk. Krimpbeeld is dalk die mees beskrywende korter term (alhowewel ek kleinkiekie steeds verkies :-) ).

Groete
Chavoux

Petri Jooste

unread,
Oct 7, 2010, 7:06:47 AM10/7/10
to rekena...@googlegroups.com
Ek laat my gedagtes bietjie gaan ...

Ander Afrikaanse woorde wat beeld bevat:

afbeeld
afbeelder
afbeelding
afbeeldsel
ingebeeld

karakteruitbeelding
klankbeeld
tydbeeld
woordbeeld

selfbeeld
mensbeeld
wêreldbeeld

sterrebeeld

afgodsbeeld
beeldhou
borsbeeld
standbeeld

kleinbeeldfotografie
kleinbeeldkamera
nabybeeld
rasterbeeld
reliëfbeeld
seriebeeldkamera
spieëlbeeld
stilbeeld
televisiebeeld

beeldskoon
ewebeeld

sinnebeeld
versinnebeeld
beeldspraak
verbeelding
denkbeeldig
drogbeeld
skynbeeld
toekomsbeeld

geheelbeeld
byvoorbeeld
voorbeeld
toonbeeld
voorbeeldig

Petri Jooste

unread,
Oct 7, 2010, 7:27:11 AM10/7/10
to rekena...@googlegroups.com
Vir my is kiekie baie spesifiek iets wat deur 'n kamera gemaak word
(fisies-chemies of digitaal), dus sal ek dit vermy, behalwe miskien in
die vorm skermkiekie :-)

Woorde wat prent bevat:

rolprent
lokprent
voorprent
tekenprent

prenteboek
prenteverhaal
strokiesprent
prentposkaart
prentraam
spotprent
karikatuurprent

ingeprent

Petri Jooste

unread,
Oct 7, 2010, 7:31:02 AM10/7/10
to rekena...@googlegroups.com
Ander woorde wat mini bevat:

minimum
geminimaliseer
minimeer
minima
minimaal
minim

miniatuur
miniatuurbaan
miniatuurformaat

miniskyf

miniatuurportret
miniatuurskildery

minibus
minirok
miniromp
ministaat

:-) minister

Roland Giesler

unread,
Oct 8, 2010, 1:31:26 PM10/8/10
to rekena...@googlegroups.com
Ek din kdis beter om 'n woord te maak as daar nie een is nie....

Wat van "krimpie" ('n gekrimpte weergawe van 'n prentjie)

Thumbnail, soos iemand terg gesê het, is eintlik 'n ontsettende
"stupid" woord... behalwe as mens dit in sy volle konteks gebruik,
soos in "please use a thumbnail size image", maar ek glo iemand het
dit reeds uitgewys.

groete

Roland

Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages