Ek het Anti-Twin in Afrikaans vertaal uit die Engels, maar die program
is oorspronklik in Duits geskryf. Is hier iemand wat Duits-magtig is
wat graag my vertaling wil nakyk om te sien of daar iets is wat uitspring?
Anti-Twin is geslotebron gratisware. Dit is 'n program wat duplikaat-
of bynaduplikaat-lêers in sekere vouers identifiseer. Dit verskil van
die meeste duplikaatsoekprogramme dat dit ook tekslêers wat sóórtgelyke
inhoud het (van tussen 60% en 99% oorvleueling) kan opspoor.
Die taallêer is 424 stringe lank, met 1233 woorde in die Engels. Die
taallêer is drietalig. Ek het die lêer probeer oplaai maar Google
Groups se oplaaifunksie is dood soos 'n mossie vanmiddag. Kontak my dus
privaat vir die lêers.
Groete
Samuel