RAID

3 views
Skip to first unread message

Viljoen, HC <hcv@sun.ac.za>

unread,
Jun 6, 2008, 3:57:46 AM6/6/08
to rekena...@googlegroups.com

Beste Edward

"Redundant" in hierdie verband het die betekenis van "meer as wat nodig
is". "Array" word dikwels as "skikking" of "matriks" vertaal (ek verkies
eersgenoemde). Ek sou voorstel

Oortollige Skikking van Onafhanklike Skywe = OSOS

(as alternatief Oortollige Matriks van Onafahanklike Skywe = OMOS maar
dan klink dit ietwat soos 'n waspoeier....)

Groete
Christo


Posted by: "Edward Gentle" gentl...@webmail.co.za
Subject= Re%3Ahelp%20%2E%2E%2E>
e_gentle <http://profiles.yahoo.com/e_gentle>

Wed Jun 4, 2008 7:35 am (PDT)

Is erg besig met vertaal werk ..
Enige iemand 'n Idee wat RAID in afrikaans sal wees ...???

Samuel Murray (Home)

unread,
Jun 6, 2008, 4:51:52 AM6/6/08
to rekena...@googlegroups.com
Viljoen, HC <h...@sun.ac.za> wrote:

> Posted by: "Edward Gentle" gentl...@webmail.co.za

>> Enige iemand 'n Idee wat RAID in afrikaans sal wees ...???

> "Redundant" in hierdie verband het die betekenis van "meer as wat nodig


> is". "Array" word dikwels as "skikking" of "matriks" vertaal (ek verkies
> eersgenoemde). Ek sou voorstel
>
> Oortollige Skikking van Onafhanklike Skywe = OSOS
>
> (as alternatief Oortollige Matriks van Onafahanklike Skywe = OMOS maar
> dan klink dit ietwat soos 'n waspoeier....)

As ek reg verstaan, is dié "array" letterlik 'n reeks, tros of groep.
Ek ken "skikking" net in die programmeertaal-konteks (maar ek kan
verkeerd wees).

Ek voel ook dat "redundant" in dié geval nie byvoeglike naamwoord is
nie, maar dat "redundant array" 'n naamwoordfrase is. Ek sou selfs
wonder of dit nie in Engels "redundancy array" moes wees nie.

Die term "oortolligheid" is 'n tameletjie omdat dit, net soos in Engels,
in die rekenaartaal 'n baie spesifieke betekenis het wat bitter min
oorvleuel met die allemanstaal-betekenis. Ek kan egter aan geen ander
woord dink wat nie die een of ander termskep-fout voorstel nie.

Onthou ook wat die geskiedenis van die term is. Die woord "independent"
is bloot gekies omdat die afkorting reeds die "I" bevat het. Die term
was aanvanklik "Redundant Array of Inexpensive Drives", maar die
"inexpensive" gee die verkeerde indruk omdat 'n mens duur skywe ook kan
gebruik. Die afkorting was dus al ingeburger, en 'n alternatiewe
volvorm is gesoek. Dus, "Redundant Array of Independent Disks". Maar
omdat die nuwe volvorm nie die oorspronklike volvorm is nie en omdat dit
geforseer is, moet 'n mens jou in Afrikaans nie te veel deur die nuwe
volvorm laat lei nie.

Die "independent" is dus nie regtig so belangrik in die Afrikaanse term
nie. Ek sou eerder 'n term skep wat die konsep akkuraat beskryf sonder
dat dit dieselfde woorde probeer gebruik. Boonop word die term "RAID"
tans gebruik vir oortolligheidsrugsteun-stelsels wat nie skyfgebaseer is
nie of nie van meer as een skyf gebruik maak nie.

Ja, wat van "oortolligheidsrugsteun"? Of, om in 'n heel ander rigting
te dink, bloot "skyfgroep"? Of as dit nodig sou wees vir mense wat die
Engels ken, om die term te herken, wat van "oortolligeskywe-groep"?

Vir die afkorting sou ek steeds "RAID" gebruik.

Stel bietjie jou Windows XP op Afrikaans en dan probeer jy 'n draadlose
verbinding opstel -- dis onmoontlik, vanweë al die Afrikaanse afkortings
in die bedryfstelsel en die ooreenstemmende Engelse afkortings in die
modem se beheerpaneel.

Samuel

Friedwin Fleischmann

unread,
Jun 6, 2008, 5:05:13 AM6/6/08
to rekena...@googlegroups.com
REDUNDANT:
www.majstro.com gee "oorvloed" as een van die Nederlandse vertalings van "redundancy" - ek dink "oorvloedig" kom dalk 'n aks nader aan die betekenis van "redundant" in hierdie konteks eerder as "oorbodig" of "oortollig".

Alternatiewelik dalk "ooraanbod" (sal egter nog moet skaaf om lg. lekker in die akroniem in te pas... ).

ARRAY:
Matriks is volgens my nie heeltemal 'n (1-dimensionele) "array" nie, eerder 'n (2-dimensionele) tabel. (In programmering stel mens mos dikwels 'n (wiskundige) matriks voor deur 'n "skikking van skikkings" te maak, m.a.w. elke element in die hoof-skikking is 'n verdere skikking.) Dus sou ek hou by "skikking" of "rangskikking".

"OROS" sou egter te veel na partytjiekoeldrank klink, en dit het eenvoudig net nie dieselfde "gevoelswaarde" as "RAID" nie ;-))  En mens mag dalk met handelsmerkprobleme sit.

'n Ander vertaling van "array" is "slagorde" - nou wel 'n militêre term, maar dit het ook as kern die idee van iets wat in 'n bepaalde orde opgestel oftewel gerangskik is. Dus as alternatiewe voorstel vir "array": "ordening". Of dalk moet mens maar nou net eenvoudig die militêre term begin hergebruik vir ander konsepte - dis tog immers 'n stryd daar buite :-)  - en "skikking" beperk hou tot die datastruktuur.

RAID:
Mens sou seker in alle gevalle by vertaling dan eerder die hele vertaalde frase moet gee, met die akroniem in hakies - tot dit posgevat het. Ek dink nie ek sal van OSOS (of wat ookal) maklik die verband terug kon trek na RAID toe nie.

Groetnis,
Friedwin

Chavoux Luyt

unread,
Jun 6, 2008, 10:33:00 AM6/6/08
to rekena...@googlegroups.com
Hallo

On 6/6/08, Samuel Murray (Home) <le...@absamail.co.za> wrote:
>
> Ja, wat van "oortolligheidsrugsteun"? Of, om in 'n heel ander rigting
> te dink, bloot "skyfgroep"? Of as dit nodig sou wees vir mense wat die
> Engels ken, om die term te herken, wat van "oortolligeskywe-groep"?

Ek hou nogal van "skyfgroep"... dit val my selfs lekkerder op die oor
as die Engelse RAID.

Groetnis
Chavoux

Petri Jooste

unread,
Jun 9, 2008, 4:08:15 PM6/9/08
to rekena...@googlegroups.com
Na my mening is die 'independent' belangriker as die 'redundant'. Daar
is bv. RAID 0 wat spoed gee eerder as duplisering. Alle RAID benut
egter die parallelisme wat gepaard gaan met onafhanklike skywe en
partisies.

Die kruks van hierdie soort skema vir databerging (stoor) is dat 'n
le-erstelsel of volume (logiese eenheid) oor meer as een fisiese
eenhede versprei word.
Wat van 'Multi-eenheid stoor'?
Dit is egter nie so lekker bondig soos Skyfgroep nie, en albei is
tegnies onvolledig, dus dink ek skyfgroep sal wen.

Ek stem ook vir RAID as afkorting.
Dan kan mens seker 'n Afrikaanse volvorm opmaak terwyl mens probeer om
die kruks weer te gee:
'Reeks Aparte Ineengeskakelde Datatoestelle'

Groete
Petri


On 6/6/08, Samuel Murray (Home) <le...@absamail.co.za> wrote:
>

--
Sent from Gmail for mobile | mobile.google.com

Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages