Re: [waitt 194] Digest for rekenaarterme@googlegroups.com - 1 Message in 1 Topic

10 views
Skip to first unread message

Martin Olivier

unread,
Mar 20, 2011, 4:57:59 PM3/20/11
to rekena...@googlegroups.com
Samuel,

> Hoe sou julle "push" vertaal in die sin van push e-mail?

Aflewer en afhaal? Dis die ekwivalente in die gewone posstelsel - my
briewe word tuis afgelewer (push), maar my pakkies word by die
poskantoor afgehaal (pull) wanneer ek tyd daarvoor het.

Mens kan ook die frases ietwat verander na e-pos wat
*outmaties/onmiddellik* inkom en dit wat *op versoek* inkom.

Onthou, terloops, dat 'push' en 'pull' baie wyer gebruik word as e-
pos en watter term mens ookal kies moet verkieslik ook vir die ander
kontekste geld.

Ek koop jou *aanvra*, maar *onvra*? Dan eerder outomaties.

On nader aan die Engels te bly kan mens ook *aflaai* en *afdruk*
oorweef, maar *afdruk* het sy eie probleme... Ons het almelewe al
"push-down automata" afdrukoutomate genoem, maar dit was ietwat van
'n ander soort 'push'...

Groete
Martin

Viljoen, HC <hcv@sun.ac.za>

unread,
Mar 21, 2011, 2:41:22 AM3/21/11
to rekena...@googlegroups.com

Beste Samuel,

Ek het gaan kyk na die definisies van “push e-mail” en die volgende Wikipedia verklaring gevind:

 

Push e-mail is used to describe e-mail systems that provide an always-on capability, in which new e-mail is actively transferred (pushed)) as it arrives by the mail delivery agent (MDA) (commonly called mail server) to the mail user agent (MUA), also called the e-mail client.

 

Ander definisies lui min of meer dieselfde.

In die lig hiervan, wat van “deurvoer-pos”?

 

Snaaks genoeg lewer Google nie ’n definisie vir “polling mail” nie. Wikipedia gee wel die sin “Modern e-mail clients make this step seem instantaneous by repeatedly polling themail server, frequently checking it for new mail. ...

 

Wat van “pols-pos”?

Groete

Christo


From: rekena...@googlegroups.com [mailto:rekena...@googlegroups.com] On Behalf Of rekenaarte...@googlegroups.com
Sent: 20 March 2011 10:10 PM
To: Digest Recipients
Subject: [waitt 194] Digest for rekena...@googlegroups.com - 1 Message in 1 Topic

 

Group: http://groups.google.com/group/rekenaarterme/topics

 Topic: Push e-mail

"Samuel Murray (Ugchelen)" <le...@absamail.co.za> Mar 19 10:26PM +0100 ^

 
Hallo almal
 
Hoe sou julle "push" vertaal in die sin van push e-mail? My aanvanklike
voorstelle is:
 
polling mail = aanvra-pos
push mail = onvra-pos
 
Enige ander vindingryke idees?
 
Samuel

 

--
Stuur boodskappe: rekena...@googlegroups.com
Teken af: rekenaarterm...@googlegroups.com
Info: http://groups.google.com/group/rekenaarterme


No virus found in this message.
Checked by AVG - www.avg.com
Version: 10.0.1204 / Virus Database: 1498/3518 - Release Date: 03/20/11

Roland Giesler

unread,
Mar 21, 2011, 6:09:06 PM3/21/11
to rekena...@googlegroups.com
Trek-pos en stoot-pos?  Voor iemand skree "Anglisisme", dink daaroor dat push = stoot en pull = trek en dit sê presies in ontegniese taal wat aan die gebeur is.

Roland

Chavoux Luyt

unread,
Mar 22, 2011, 3:54:31 AM3/22/11
to rekena...@googlegroups.com
Ek hou nogal van "pols-pos" (afhaal pos?), maar "stoot-pos" en
"deurvoer-pos", klink nie een vir my lekker op die oor nie. Die
probleem is dat dit in elk geval redelik tegniese terme is wat
waarskynlik deur baie min engelsprekende e-pos gebruikers verstaan
word.

"Outomaties" (vir "push") sou wel maklik verstaanbaar wees, maar is
nie heeltemal korrek nie, want "pols-pos" pols ook die e-pos bediener
outomaties alhoewel dit die pos aftrek van daar i.p.v. dat die
bediener dit outomaties aanstuur (afstoot? / aflewer?) na die kliënt.
Aflewer-pos sou dalk kon werk, maar sluit weer nie die betekenis van
outomatiese aflewering in nie.

Jammer as ek nie regtig 'n antwoord het nie, maar miskien gee dit vir
iemand anders 'n vindingryke idee.

Groete
Chavoux

Petri Jooste

unread,
Mar 22, 2011, 5:39:00 AM3/22/11
to rekena...@googlegroups.com
Ek gaan bietjie die volgende opsies by kollegas uittoets:

outo-aflewer e-pos  (push e-mail)
gaan-haal e-pos (pull e-mail)

Petri


2011/3/22 Chavoux Luyt <cha...@gmail.com>

Chavoux Luyt

unread,
Mar 22, 2011, 5:58:12 AM3/22/11
to rekena...@googlegroups.com
Hallo Petri

2011/3/22 Petri Jooste <petri....@gmail.com>:


> Ek gaan bietjie die volgende opsies by kollegas uittoets:
>
> outo-aflewer e-pos  (push e-mail)
> gaan-haal e-pos (pull e-mail)

Wat van afhaal e-pos? Bietjie korter en (vir my) lekkerder op die oor.

Groete
Chavoux

Petri Jooste

unread,
Mar 22, 2011, 6:19:00 AM3/22/11
to rekena...@googlegroups.com
Chavoux

Ja, afhaal e-pos klink beter. Miskien genoeg beter om die mootlike verwarring uit te skakel wat kan ontstaan met die opsie om e-pos af te haal (te verwyder) vanaf die bediener/poskantoor.
In die konteks van push vs. pull is daardie verwarring nie 'n probleem nie. Byvoorbeeld in die sinnetjie "My selfoon moet my e-pos gaan afhaal omdat ek nie die outo-aflewer diens het nie."

Groete

2011/3/22 Chavoux Luyt <cha...@gmail.com>

Groete
Chavoux

Paul Bosman

unread,
Mar 22, 2011, 9:07:51 AM3/22/11
to rekena...@googlegroups.com

Dagsê

 

Ons is te geneig om in Afrikaans ‘n woord te skep wat selfverduidelikend is, sodat ‘n leek dit maklik kan verstaan. Dit lei ongelukkig tot lang, uitgerekte name wat vir die leek steeds vaag voorkom. Die Engelse terme sal ook vir ‘n leek aanvanklik maar bra onduidelik wees. Daarom sou ek Petri se voorstel soos volg verander:

 

Aflewer e-pos en afhaal e-pos.

of selfs ontvang e-pos en haal e-pos

 

‘Ander interessante name wat by my opgekom het n.a.v. Christo se pols e-pos is por e-pos en dan kry e-pos . Hoe korter die term is, hoe beter.

 

Die begrippe kan dan mettertyd algemeen gebruik word.

 

Ek wonder maar net!

 

Groetnis

Paul Bosman

 


No virus found in this message.
Checked by AVG - www.avg.com

Version: 10.0.1204 / Virus Database: 1498/3521 - Release Date: 03/21/11

Petri Jooste

unread,
Mar 23, 2011, 6:16:47 AM3/23/11
to rekena...@googlegroups.com
Hi almal

My kollegas hou ook van korter weergawes as my voorstelle.
Dus neig ek nou na aflewer (push) en afhaal (pull).

Petri

2011/3/22 Paul Bosman <pbo...@kleinfontein.net>
Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages