Raytracing

9 views
Skip to first unread message

Francois Loubser

unread,
Jun 22, 2011, 4:32:50 AM6/22/11
to rekena...@googlegroups.com
Het iemand dalk 'n vertaling vir die woorde:

Raytracing
rendering
ray casting
ambient occlusion
pixel
caustics

Dankie

PS. Lyk asof mens nou voorstelle kan maak op translate.google.com

Jan-Carel Brand

unread,
Jun 22, 2011, 6:32:13 AM6/22/11
to rekena...@googlegroups.com
Hallo Francois


Op Wo, 2011-06-22 om 10:32 +0200 skryf Francois Loubser:


> Het iemand dalk 'n vertaling vir die woorde:

Ek ken eintlik net pixel = beeldpunt, maar sal 'n paar voorstelle maak.

> Raytracing

Ray = Straal
Trace = spoor, trek

Straalsporing of Straaltrekking? (Afhangende van konteks)

> rendering

Hierdie woord het nie 'n enkele weergawe in Afrikaans (of
Nederlands/Duits) nie en vertaling hang van konteks af.

Render an image = Vertoon 'n beeld

So i.v.m grafika sou ek sê: Beeldvertoning (ongelukkig bietjie
dubbelsinnig)

Persoonlik sou ek soms die woord "render" gebruik. Ek sien byvoorbeeld
dat die Nederlandse vertalers baie meer geneig is om die Engelse woord
netso te gebruik.

In die geval van "render" sou ek die volgende ook oorweeg:

M.a.w: Rendering = Beeldrendering

Ander mense mag dalk nie saamstem nie ;)

> ray casting

Cast = giet, gooi, werp

Straalgieting, Straalwerping? (afhangende van konteks)

> ambient occlusion

ambient = omgewing/omringend
occlusion = afdigting (om iets te blok of verdig)

Omgewingsafdigting

> pixel

Beeldpunt (reeds in gebruik in vertalings van Vrye Sagteware)

> caustics

In watter konteks word die Engelse woord gebruik?


> PS. Lyk asof mens nou voorstelle kan maak op translate.google.com

Groete
JC

Gmail

unread,
Jun 22, 2011, 6:39:08 AM6/22/11
to rekena...@googlegroups.com
In my bedryf word rendering meer vir beeldvorming/beeldskepping gebruik. Die proses van 'n beeld vorm vanaf digitale data: vorms, teksture, skaduwees, refleksies ens.

Francois Loubser

unread,
Jun 22, 2011, 6:40:46 AM6/22/11
to rekena...@googlegroups.com
> caustics

In watter konteks word die Engelse woord gebruik?

In optics, a caustic or caustic network is the envelope of light rays reflected or refracted by a curved surface or object, or the projection of that envelope of rays on another surface. The caustic is a curve or surface to which each of the light rays is tangent, defining a boundary of an envelope of rays as a curve of concentrated light. Therefore in the image to the right, the caustics can be the patches of light or their bright edges. 

Caustics is basies die wit en swart kolle wat mens sien aan die onderkant van 'n swembad soos die lig deur die watergolwe weerkaats word.

Jan-Carel Brand

unread,
Jun 22, 2011, 7:06:16 AM6/22/11
to rekena...@googlegroups.com
Op Wo, 2011-06-22 om 12:39 +0200 skryf Gmail:

> In my bedryf word rendering meer vir beeldvorming/beeldskepping gebruik. Die proses van 'n beeld vorm vanaf digitale data: vorms, teksture, skaduwees, refleksies ens.

Ek dink beeldvorming en beeldskepping is twee goeie terme wat mens in
sekere kontekste kon gebruik.


> On 22 Jun 2011, at 12:32 PM, Jan-Carel Brand wrote:
>
> >> rendering
> >
> > Hierdie woord het nie 'n enkele weergawe in Afrikaans (of
> > Nederlands/Duits) nie en vertaling hang van konteks af.
> >
> > Render an image = Vertoon 'n beeld
> >
> > So i.v.m grafika sou ek sê: Beeldvertoning (ongelukkig bietjie
> > dubbelsinnig)
>

> --
> Stuur boodskappe: rekena...@googlegroups.com
> Teken af: rekenaarterm...@googlegroups.com
> Info: http://groups.google.com/group/rekenaarterme


Jan-Carel Brand

unread,
Jun 22, 2011, 7:11:47 AM6/22/11
to rekena...@googlegroups.com
Op Wo, 2011-06-22 om 12:40 +0200 skryf Francois Loubser:

Wat ek soms doen met sulke tegniese vakterme, is om na die Engelse
Wikipedia blad te gaan kyk, en dan te sien of daar 'n Nederlandse (of
Duitse) blad is.

Dit help my soms om by 'n woord uit te kom, maar ongelukkig nie in
hierdie geval nie :(

Samuel Murray (Ugchelen)

unread,
Jun 22, 2011, 7:46:28 AM6/22/11
to rekena...@googlegroups.com
Francois Loubser wrote:

> raytracing
> ray casting

Ek kyk op http://en.wikipedia.org/wiki/Ray_tracing_(graphics) en lei dan
af waar die Engelse woord vandaan kom, en lei dan die Afrikaans daarvan
af. Die "ray" is 'n ligstraal. Die "trace" is om iets na te trek of te
volg. Die "cast" is ietwat van 'n geforseerde woord in Engels want dit
verwys ook na "tracing", maar met die verskil dat die straal net
nagetrek word van die ligbron tot by die eerste weerkaatsingsvlak.

Dus, voorstelle:

* raytracing x ray casting = meervoudige straalnatrekking x enkelvoudige
straalnatrekking
* raytracing x ray casting = meerstraal-natrekking x eenstraal-natrekking

* raytracing x ray casting = [weer]kaatsnatrekking x oognatrekking
* raytracing x ray casting = [weer]kaatsnatrekking x sifnatrekking

> rendering

Ek het vroeër "verbeeld" gebruik vir "render".

> pixel

Ek hou by pixel. Die vertaling "beeldpunt" is tegelyk te algemeen en te
spesifiek om akkuraat te wees.

> ambient occlusion

Volgens http://en.wikipedia.org/wiki/Ambient_occlusion is ambient
occlusion nie 'n soort occlusion nie, maar 'n meganisme wat gebruik maak
van sekere kenmerke van occlusion. Die "ambient" beteken dat die
ligbron van oral af kom (soos op 'n bewolkte dag) en nie van 'n
spesifieke ligbron nie.

Die Engelse term kan dus nie direk vertaal word nie. Dis eintlik
"occlusion-based reflection of ambient light" of so iets :-) Die
"ambient" in "ambient occlusion" is nie 'n byvoeglike naamwoord nie.

As ruimte 'n probleem is, wat van "omringligdigting"? Dis nie 100%
akkuraat nie maar dis kort en dit bevat die twee belangrikste woorde.

Samuel

Jan-Carel Brand

unread,
Jun 22, 2011, 9:33:40 AM6/22/11
to rekena...@googlegroups.com
Op Wo, 2011-06-22 om 13:46 +0200 skryf Samuel Murray (Ugchelen):

> Ek het vroeër "verbeeld" gebruik vir "render".
>
> > pixel
>
> Ek hou by pixel. Die vertaling "beeldpunt" is tegelyk te algemeen en te
> spesifiek om akkuraat te wees.

Kan jy uitbrei oor jou afkeur van beeldpunt? Hoekom is dit te algemeen
of te akkuraat?

Dis vir my 'n baie mooi beskrywende woord, meer as pixel.

Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages