RE: [waitt 0] Digest for rekenaarterme@googlegroups.com - 6 Messages in 1 Topic

4 views
Skip to first unread message

Viljoen, HC <hcv@sun.ac.za>

unread,
Nov 26, 2009, 2:01:28 AM11/26/09
to rekena...@googlegroups.com

Beste Friedwin,

My eerste reaksie is dat ons maar gewoond daaraan moet raak om bloot na CAPTCHA te verwys in Afrikaans, netsoos die voorbeelde van “laser” en “radar” wat jy noem. Sulke afkortings het die gewoonte om bloot (selfstandige naam-) woorde in eie reg te word, ook in Engels – baie min mense kan verklaar waarvoor “laser” of “radar” werklik staan. Mens hoor ook al meer hoe na bv CD (ipv KS) in Afrikaans verwys word. Gelukkig is DVD tweetalig.... (maar hoeveel mense weet dat dit voorheen vir “digitale videodisket” en deesdae, ook n.a.v. die Engels, vir “digitale veelsydige disket” staan?)

Om na Captcha terug te keer. In sulke gevalle is direkte vertaling dikwels lomp en onnodig. Ek dink sommer hardop: ’n sperfilter word gebruik om ongewensde frekwensies in ’n spektrum uit te filtreer. Die Captcha toets is bedoel om te onderskei tussen rekenaars en mense – dit is dus ’n spertoets om rekenaars “uit te hou”. Wat van VORST (vol-outomatiese rekenaar spertoets)?

J

Groete

Christo

 


From: rekena...@googlegroups.com [mailto:rekena...@googlegroups.com]
Sent: 25 November 2009 09:33 PM
To: Digest Recipients
Subject: [waitt 0] Digest for rekena...@googlegroups.com - 6 Messages in 1 Topic

 

  Today's Topic Summary

Group: http://groups.google.com/group/rekenaarterme/topics

 Topic: CAPTCHA

fr13dwin <frie...@gmail.com> Nov 25 12:59AM -0800

 
Ek wil graag die term "Captcha", wat al hoe meer voorkom op die
Internet, bespreek.
 
Dit is 'n akroniem vir "Completely Automated Public Turing test to
tell Computers and Humans Apart". M.a.w., vir die wat dit nie ken nie:
dit verskaf 'n probleem wat deur 'n mens opgelos kan word, maar nie
deur 'n rekenaar nie (tans dikwels in die vorm van 'n prentjie met
verwronge letters). Dit het ten doel om rekenaars (sg. robotprogramme)
te verhinder om toegang tot sekere webblaaie te bekom, maar nie mense
nie, en sodoende gemorspos te ver(h/m)inder.
 
Een moontlikheid sou wees om dit as akroniem bloot onvertaald te laat
en in die taal op te neem. Ander voorbeelde in Afrikaans: "Radar",
"Laser". Ek het in Duits en Nedelands gaan soek en dit blyk dat hulle
ook bloot die engelse akroniem gebruik. Een potensiële probleem
hiermee is die "c"- en "ch"-komponente van die woord, wat vreemd is
aan Afrikaans. (Ja, ek weet, in Afrikaans het ons ook bv. "chemie",
maar hier word die "ch" weer anders uitgespreek.) Buitendien is ek nie
die wêreld se grootste amerikanofiel nie...
 
Die ander moontlikheid is om dit te vertaal, maar so 'n lang frase van
'n direkte vertaling sal eenvoudig nie werk nie. Iets bondigs wat die
essensie van die saak sal vasvat, sal lekker wees. Wat van "robot-
uitvangtoets"?
 
Julle opinies word waardeer.
Groete,
Friedwin

 

Chavoux Luyt <cha...@gmail.com> Nov 25 11:41AM +0200

 
Hallo
 
> Ek wil graag die term "Captcha", wat al hoe meer voorkom op die
> Internet, bespreek.
<knip>
> essensie van die saak sal vasvat, sal lekker wees. Wat van "robot-
> uitvangtoets"?
Wat van "persoontoets"? Want dit toets basies of die met 'n persoon of
'n masjien te doen het?
 
Groete
Chavoux

 

Petri Jooste <petri....@gmail.com> Nov 25 12:00PM +0200

 
Soos ek dit verstaan is die akroniem Captcha eintlik geforseerd gekies
om 'n woord te maak. As hierdie woord dan in Engles uitgespreek word
klink dit soos 'n dialek-weergawe van "capture". Waarskynlik is dit
die rede dat Friedwin die "uitvang"-deel voorgestel het. Een probleem
met "robot-uitvangtoets"is dat dit 5 lettergrepe lank is en dus
moeilik sal kompeteer (om in omgangstaal pos te vat) met die 2
lettergrepe van Captcha.
 
Na aanleiding van Chavoux se voorstel -- wat van "menstoets" (2 lettergrepe).
 
Gebruiksvoorbeeld:
"Ons benodig iemand om 'n eie algoritme te ontwerp vir menstoetse
(captchas) om ons webwerf te beskerm teen outomatiese verkenning deur
webrobotte."
 
"Die nuwe menstoets van ons webwerf is beter as die vorige een want
slegs 20% i.p.v. 45% van besoekers vra vir 'n tweede (of derde) poging
om toegang te kry."
 
Groete
Petri
 

 

"Samuel Murray (Krugersdorp)" <le...@absamail.co.za> Nov 25 12:14PM +0200

 
Petri Jooste wrote:
 
> Na aanleiding van Chavoux se voorstel -- wat van "menstoets" (2 lettergrepe).
 
Ek hou hiervan.
 
> (captchas) om ons webwerf te beskerm teen outomatiese verkenning deur
> webrobotte."
 
Ja.
 
Ek sou geen beswaar teen "captcha" of selfs "kaptja" hê nie, maar
"menstoets" sê presies wat dit is en ek twyfel of die betekenis van die
woord captcha binnekort gaan verander of verbreed om dinge in te sluit
wat nie deur "menstoets" gedek sal word nie.
 
As 'n Engelse teks die woord captcha gebruik in 'n metaforiese sin, kan
die vertaler captcha of kaptja gebruik as hy meen dat die vertaling
verwarrend sou wees met "menstoets", maar vir die gewone betekenis is
"menstoets" myns insiens 'n goeie vertaling.
 
Samuel

 

Chavoux Luyt <cha...@gmail.com> Nov 25 12:59PM +0200

 
>
> Ek hou hiervan.
"menstoets" +1

 

Gustav H Meyer <ghm...@gmail.com> Nov 25 07:50PM +0200

 
Chavoux Luyt wrote:
>> Ek hou hiervan.
> "menstoets" +1
 
Ek stem saam en hou baie van menstoets. Dit is presies wat dit is.
 
Groetnis,
Gustav

 

--
Stuur boodskappe: rekena...@googlegroups.com
Teken af: rekenaarterm...@googlegroups.com
Info: http://groups.google.com/group/rekenaarterme

No virus found in this incoming message.
Checked by AVG - www.avg.com
Version: 8.5.425 / Virus Database: 270.14.82/2525 - Release Date: 11/25/09 07:31:00

Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages