CAPTCHA

12 views
Skip to first unread message

fr13dwin

unread,
Nov 25, 2009, 3:59:07 AM11/25/09
to Werkgroep vir Afrikaanse IT-terme
Ek wil graag die term "Captcha", wat al hoe meer voorkom op die
Internet, bespreek.

Dit is 'n akroniem vir "Completely Automated Public Turing test to
tell Computers and Humans Apart". M.a.w., vir die wat dit nie ken nie:
dit verskaf 'n probleem wat deur 'n mens opgelos kan word, maar nie
deur 'n rekenaar nie (tans dikwels in die vorm van 'n prentjie met
verwronge letters). Dit het ten doel om rekenaars (sg. robotprogramme)
te verhinder om toegang tot sekere webblaaie te bekom, maar nie mense
nie, en sodoende gemorspos te ver(h/m)inder.

Een moontlikheid sou wees om dit as akroniem bloot onvertaald te laat
en in die taal op te neem. Ander voorbeelde in Afrikaans: "Radar",
"Laser". Ek het in Duits en Nedelands gaan soek en dit blyk dat hulle
ook bloot die engelse akroniem gebruik. Een potensiële probleem
hiermee is die "c"- en "ch"-komponente van die woord, wat vreemd is
aan Afrikaans. (Ja, ek weet, in Afrikaans het ons ook bv. "chemie",
maar hier word die "ch" weer anders uitgespreek.) Buitendien is ek nie
die wêreld se grootste amerikanofiel nie...

Die ander moontlikheid is om dit te vertaal, maar so 'n lang frase van
'n direkte vertaling sal eenvoudig nie werk nie. Iets bondigs wat die
essensie van die saak sal vasvat, sal lekker wees. Wat van "robot-
uitvangtoets"?

Julle opinies word waardeer.
Groete,
Friedwin

Chavoux Luyt

unread,
Nov 25, 2009, 4:41:48 AM11/25/09
to rekena...@googlegroups.com
Hallo

2009/11/25 fr13dwin <frie...@gmail.com>:
> Ek wil graag die term "Captcha", wat al hoe meer voorkom op die
> Internet, bespreek.
<knip>
> Die ander moontlikheid is om dit te vertaal, maar so 'n lang frase van
> 'n direkte vertaling sal eenvoudig nie werk nie. Iets bondigs wat die
> essensie van die saak sal vasvat, sal lekker wees. Wat van "robot-
> uitvangtoets"?
Wat van "persoontoets"? Want dit toets basies of die met 'n persoon of
'n masjien te doen het?

Groete
Chavoux

Petri Jooste

unread,
Nov 25, 2009, 5:00:07 AM11/25/09
to rekena...@googlegroups.com
Soos ek dit verstaan is die akroniem Captcha eintlik geforseerd gekies
om 'n woord te maak. As hierdie woord dan in Engles uitgespreek word
klink dit soos 'n dialek-weergawe van "capture". Waarskynlik is dit
die rede dat Friedwin die "uitvang"-deel voorgestel het. Een probleem
met "robot-uitvangtoets"is dat dit 5 lettergrepe lank is en dus
moeilik sal kompeteer (om in omgangstaal pos te vat) met die 2
lettergrepe van Captcha.

Na aanleiding van Chavoux se voorstel -- wat van "menstoets" (2 lettergrepe).

Gebruiksvoorbeeld:
"Ons benodig iemand om 'n eie algoritme te ontwerp vir menstoetse
(captchas) om ons webwerf te beskerm teen outomatiese verkenning deur
webrobotte."

"Die nuwe menstoets van ons webwerf is beter as die vorige een want
slegs 20% i.p.v. 45% van besoekers vra vir 'n tweede (of derde) poging
om toegang te kry."

Groete
Petri
> --
> Stuur boodskappe: rekena...@googlegroups.com
> Teken af: rekenaarterm...@googlegroups.com
> Info: http://groups.google.com/group/rekenaarterme

Samuel Murray (Krugersdorp)

unread,
Nov 25, 2009, 5:14:42 AM11/25/09
to rekena...@googlegroups.com
Petri Jooste wrote:

> Na aanleiding van Chavoux se voorstel -- wat van "menstoets" (2 lettergrepe).

Ek hou hiervan.

> Gebruiksvoorbeeld:
> "Ons benodig iemand om 'n eie algoritme te ontwerp vir menstoetse
> (captchas) om ons webwerf te beskerm teen outomatiese verkenning deur
> webrobotte."

Ja.

Ek sou geen beswaar teen "captcha" of selfs "kaptja" hê nie, maar
"menstoets" sê presies wat dit is en ek twyfel of die betekenis van die
woord captcha binnekort gaan verander of verbreed om dinge in te sluit
wat nie deur "menstoets" gedek sal word nie.

As 'n Engelse teks die woord captcha gebruik in 'n metaforiese sin, kan
die vertaler captcha of kaptja gebruik as hy meen dat die vertaling
verwarrend sou wees met "menstoets", maar vir die gewone betekenis is
"menstoets" myns insiens 'n goeie vertaling.

Samuel


Chavoux Luyt

unread,
Nov 25, 2009, 5:59:02 AM11/25/09
to rekena...@googlegroups.com
2009/11/25 Samuel Murray (Krugersdorp) <le...@absamail.co.za>:
> Petri Jooste wrote:
>
>> Na aanleiding van Chavoux se voorstel -- wat van "menstoets" (2 lettergrepe).
>
> Ek hou hiervan.
"menstoets" +1

Gustav H Meyer

unread,
Nov 25, 2009, 12:50:20 PM11/25/09
to rekena...@googlegroups.com
Ek stem saam en hou baie van menstoets. Dit is presies wat dit is.

Groetnis,
Gustav

brin...@gmail.com

unread,
Nov 25, 2009, 2:54:40 PM11/25/09
to Werkgroep vir Afrikaanse IT-terme
My eerste bydrae tot hierdie groep! Ek hou van die menstoets, maar wat
van iets wat interessanter klink: "botvang"
Die doel is mos om die robotte uit te vang.

Groete,
Jan

Samuel Murray (Krugersdorp)

unread,
Nov 25, 2009, 4:05:43 PM11/25/09
to rekena...@googlegroups.com
Dis waar dat 'n menstoets probeer om robotte uit te vang, maar vir die
breë publiek is 'n robot 'n metaalding wat rondloop en biep-biep sê, of
'n ding wat motorkarre vervaardig. Die gebruik van die woord bot of
robot om na 'n rekenaarprogram te verwys, is vaktaal of stokperdjietaal.

Samuel

Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages