Ek probeer:
> attenuation
In die elektroniese ingenieurswese word van “verswakking” gepraat; so bv is ‘n “attenuator” ‘n verswakker.
> discovery
Ontdekking? Ja! (Moet nie verwar word met “uitvinding” nie, wat ‘n “invention” is).
> headend
? Ek is nie seker wat dit is nie... miskien binne konteks? Stem saam – wat is die konteks? Moontlik “kop-end”?
> encapsulate - jou lys gee 'encapsulation' aan - sal 'enkapsuleer' deug as
> ww? Of kan ek 'n term soos 'vasvang' of 'saamvat' gebruik?
Ek dink nie "vasvang" of "saamvat" enkapsuleer heeltemal vir my die
betekenis van "encapsulate" nie. Dalk is daar 'n beter woord.
"Verpak"?
As dit ’n fisiese objek (iets konkreets) is (bv transistorskyfie) is die gebruiklike woord “enkapsuleer”; as dit iets ontasbaar is (bv ’n idee of stelling) is die gebruiklike woord wat ek ken “omvat”.
> intelligent hub - jy het 'intelligent terminal' - is dit dieselfde ding?
Nee, terminal != hub
hub = "netwerk-as"? Ek ken ongelukkig bitter min netwerk terme in Afrikaans.
Dalk “intelligente spil” of “intelligente middelpunt”?
> static routing - dieselfde as 'static relocation'?
Nee.
“Statiese roetering”?
> store-and-forward switching - 'stoor-en-aanstuur-skakeling'? Ja. Ook “stoor-en-stuur”
Klink aanvaarbaar. Is "skakeling" die erkende Afrikaans vir "switching"? Ja
> workgroup hub
Werkgroep is seker al aanvaarde Afrikaans. Ek is onseker wat "hub" in
hierdie konteks in Afrikaans sal wees.
“werkgroepspil” of “werkgroep-middelpunt” of “werkgroep-sentrum”?
> priority-based access
Prioriteitsbaseerde toegang ? Ja
> impendence - is daar so iets? Kan dit wees dat 'impedance' bedoel word?
?? Die konteks sal dalk help. As die inderdaad impedance is, dan is die Afrikaans impedansie
Groete
Christo