Goeie middag almal,
Soos julle seker weet het WG woensdag middag afgegaan. Toe ek kontak maak met die eienaars breek hulle die skokende nuus aan my dat hulle die huis moet ontruim en ek moet binne 24uur die site afbreek anders verloor ek die toerusting.
Die hoe en waarom dit tot op die punt gekom het maak nie saak nie, ek kon gelukkig n plan maak om die site vrydag oggend af te breek. So alles wat op WG is nou by my huis ek sal die battery aan hou laai sodat hulle nie tot nuut gaan nie.
Dit los wel talle gebruikers asook EP,LW,AC,GD,MH en WR sonder hulle WG link. Ek sal kyk of ek n alternatiewe ligging kan kry om die nuwe site op te kry maar dit is nou elke wug gebruiker se verantwoordelikheid. As enige iemand n voorstel het of n kontak het laat weet my asb.
Dankie
Wikus aka honjo