Goeie naand,
WG2 se router het saterdag die site laat trip ek kon nie die fout isoleer op site nie met die konstante reen nie maar het die bord verwyder dat die res van die site kan hardloop.Na toetse vandag tuis wil voorkom of een van die radio die probleem is. Die router se POE ether werk nie meer nie maar boot wel met direkte krag, ek het n spaar radio so sal alles weer installeer sodra ek kans kry maar dit mag dalk eers volgende naweek wees. So tot dan is WG-LW, WG - AC asook WG_SectorN af.
Jammer vir die slegte nuus.
Groete
honjo