Naand mede wuggers
Ek het in Maart 2009 by PTAWUG aangelsuit. Oor die laaste amper 7 jaar het ek verskriklik baie geleer, gebreek, vasgesit, gesukkel en gedownload. So dis vir my moeilik omte se maar ek kannie meer die tyd spandeer aan PTAWUG wat nodig is nie. Ek en my vrou trek Mei maand Duitsland toe en teen dan wil ek alle sites waarvoor ek Go2Guys is/was vir die laaste paar jaar oor gee het. Ek moes seker die email al n paar maande terug gestuur het maar net soos ek dink alles loop lekker en dis die regte tyd om oortegee dan val n toring om, soms letterlik. Dan probeer ek tyd maak om dit eers reg te stel maar kom net nie daarby uit nie. Ek wil dus gebruik maak van die geleentheid omte te vrae vir enige vrywilliges. Die sites wat aandag kort is as volg:
WR - Waterkloof Rif: herbou
WG - Waterkloof Glen: kort nuwe site - gedecom
HL - Hellraizer Wilgers mini site - gedecom
LW - Lynwood; loop maar kort nuwe bb links
OP - Olympus: loop kan doen met nog n bb link
GD - GreatDane minisite, is die site is by my huis, ek sal die huurder betrokke kry om die site te onderhou.
Die sites wat gedecom is of afgebreek is se kit is alles by my, of dit wat werk is by my. As jy belangstel om Go2guys te wees vir enige van die sites of selfs n site wil opsit wat een van die verlore site kan vervang kontak my asb dan sal ek jou in die regte rigting stuur en dan moet jy swem.
Johan Retief/ Corrie du Preez julle het klaar so tetatief hand op gesteek vir WR en Ernst Westhof vir n 1 miskien 2 WG vervanging sites so ek sal julle kontak en hoor hoeveel julle bereid is om in te sit.
Vir die res laat weet asb.
Dankie en groete
honjo aka Wikus