Inwoners Wag Lang - 10 April 2009

1 view
Skip to first unread message

Prepay Guru

unread,
Apr 24, 2009, 2:54:03 AM4/24/09
to Prepaid Electricity Consumer Forum (South Africa)
A recent article in a local community news paper in Pretoria.

Inwoners Wag Lank – Rekord Moot 10 April Henry Lazenby

Vincent Tait, ’n inwoner van Môregloed wag nou al presies ’n jaar vir
’n voorafbetaalde elektrisiteitmeter om by sy huis geïnstalleer te
word na hy ten volle daarvoor betaal het. Hy sê dit is oneties dat die
Tshwane-metro vir so lank met sy geld sit en rente op die bedrag trek.

Duisende inwoners van Pretoria is briesend oor die feit dat hulle in
sommige gevalle meer as ’n jaar lank wag vir die Tshwane-metro om
voorafbetaalde elektrisiteitmeters waarvoor reeds betaal is, te
installeer.
Vincent Tait, ’n inwoner van Codonialaan in Môregloed, sê hy het
besluit om vir die voorafbetaalde elektrisiteitmeter aansoek te doen,
aangesien die metro se rekeninge wisselvallig is.
“Sommige maande kry ek ’n rekening vir dertig dae, dan een vir tien
dae en dan een vir selfs tagtig dae. ’n Mens weet nie waar jy met die
metro se rekening staan nie. Daarom het ek besluit dit sal beter wees
as ek die elektrisiteitgedeelte van my rekening heeltemal systap,” sê
hy.
Duisende ander inwoners voel dieselfde. Rekord het voorheen ook
berigte oor die metro se versuim om die meters te installeer, gedra.
“Ek het op 31 Maart verlede jaar R1 140 vir die meter betaal en steeds
is daar niks. Ek wil weet waar is die geld wat ek betaal het heen en
hoeveel rente trek die metro daagliks op die geld wat ek en talle
ander inwoners reeds betaal het,” sê Vincent.
Hy meen as hy geweet het hoe lank hy vir sy meter sal wag, sou hy
eerder self ’n kontrakteur genader het om die werk te kom doen.
“Dit is vir my heeltemal onaanvaarbaar dat die metro inwoners se geld
neem en geen diens lewer nie,” sê Adriana Randall, die raadslid vir
wyk 52.
“Hierdie is weer ’n goeie voorbeeld van hoe swak die metro se
dienslewering is. Die inwoners moet nou weer die gevolge van die
ondoeltreffendheid van sekere metro-amptenare en swak tenderprosesse
dra.”
Subesh Pillay, lid van die burgemeesterskomitee vir openbare werke en
munisipale infrastruktuurontwikkeling, sê die agterstand met die
installering van die voorafbetaalde elektrisiteitmeters spruit uit
probleme wat met die finalisering van die tender vir die meters
ondervind is.
“Ons kan slegs verskoning vra vir die ongerief aan inwoners en
onderneem om die installasie van die meters ’n prioriteit te maak
sodra die tender suksesvol afgehandel is,” sê hy.
Volgens ’n memorandum van sy kantoor se energie- en
elektrisiteitafdeling wat op 3 Maart uitgestuur is, word die
agterstand met die meters nou aangespreek.
“Bykomende hulpbronne is beskikbaar gestel om die las van die groot
agterstand te help verminder,” lui die memorandum. “Die afdeling is
oorlaai met inwoners se aansoeke om na voorafbetaalde
elektrisiteitmeters oor te skakel.
“Ons vra nederig om verskoning aan al ons kliënte.”
Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages