Joe Botha hier.
Ek is besig om 'n paar reviews van potgooi sites te skryf vir die nuwe
Ons Klyntji*
Ek's nou besig om links en regs potgooie af te laai - nog nie
geluister nie, sorry! - kudos dat julle Afrikaans op die net vestig!
Soos ek die saak sover uittjek is Phil Massyn die guru van Afrikaanse
potgooie. Laat hoor van jou :-)
Almal anders is natuurlik net so welkom.
* Toast Coetzer en Erns Grundlingh se Afrikaanse zine wat so twee keer
'n jaar verskyn. As jy 'n copy wil bestel, laat my weet! Noggie seker
wat dit gaan kos nie, seker so R30 plus P&P. Die nuutste uitgawe het
'n CD met onuitgereikte Afrikaanse tunes op - kans is goed die musiek
sal vir 'gooiers bruikbaar wees met die seën van wie ook al dit sing.
peace
jb
Dit klink nogal heel interesant wat julle wil doen. Is daar 'n webwerf
met meer inligting? Jy kan natuurlik die ouens hier vra om so bietjie
reklame vir jou te doen in 'n Potgooi, of webwerwe.
Is die kunstenaars van die onuitgereikte Afrikaanse tunes op die
Podsafe network? Ek sal nogal wil sien wie dit is, en as hulle nie op
die PSN is nie, moet ons kyk of hulle nie dit wil doen sodat ons hulle
musiek ook kan speel en aanbeveel in ons Potgooie.
Het julle dit al geoorweeg om 'n meegaande Potgooi te doen saam julle
Zine? Nie alles in die druk weergawe nie, maar dalk net soos
highlights. Net so 'n idee.
Groete en Welkom!
Boerseun