Potgooi vs Potsaai vs Podsaai vs Podgooi

13 views
Skip to first unread message

Johann Beukes

unread,
May 21, 2007, 1:47:01 PM5/21/07
to Afrikaanse Potgooiers - podcasters
Ek weet die is 'n ou storie nou, maar ek het oor die naweek 'n epos
gekry van 'n dame in Engeland wat vertel van een of ander IT groep wat
die woord Podsaai in die Woordeboek wil plaas. Ek gee nie regtig om
meer nie, maar ek moet erken, mens raak maar gewoond aan 'n ding, en
Podsaai klink net so ietwat "vuil".

Wat is julle mening?

Johan de Vries

unread,
May 21, 2007, 2:06:18 PM5/21/07
to pot...@googlegroups.com
Podsaai - ek gee nie om wat hulle n potgooi noem nie. Persoonlik verkies
ek gooi, maar dis omdat ek aan die gooi in potgooi gewoond is.

Podsaai beteken dan dat jy uitaai op n potgooi ...... of verstaan ek
verkeerd ?

As hulle dit wil gebruik, dan laat hulle voortgaan daarmee - solank dit
die aandag op die Afrikaanse (taal) potgooie bring. As ek die email so
lees is dit n IT Groep, so gaan dan pro gaan daarmee ?

Weet jy of daar enige iemand is wat n podsaai maak ?

Klei Lat

Johann Beukes

unread,
May 21, 2007, 7:16:18 PM5/21/07
to Afrikaanse Potgooiers - podcasters
Hier is die oorspronklike en opvolg email:

OORSPRONKLIKE EMAIL:
Hallo daar
Julle ken my van geen Adama af nie - maar hier is dalk 'n interessante
iets om oor tjol te praat - 'n sekere werkgroep vir afrikaanse IT-
terme wil podsaai in die woordeboek laat sit. Ek het hulle egter
vertel van potgooi - wat 'n bitter lekker woord is. Hulle voel egter
podsaai is moontlik beter, maar wat dink die mense?
Hieronder volg my e-pos aan hulle:

"Ek hoor wat jy se, maar hoe algemeen word die woord (podsaai) al
gebruik onder mense? As jy die woord potgooi egter intik op google kry
jy -
Results 1 - 10 of about 67,100 for potgooi. (0.07 seconds).
Tik jy in potsaai - kry jy net Results 1 - 5 of 5 for potsaai. (0.06
seconds) Vir podsaai - Results 1 - 1 of 1 for podsaai. (0.05
seconds).

Ek sou se dit spreek vanself. Dit is wonderlik dat julle soveel moeite
doen om Afrikaanse IT-terme te soek maar ek dink juis dit help nie
veel om iets kunsmatig te skep terwyl die taal dit al klaar gedoen het
nie. (Al het julle skepping dalk meer meriete). Die probleem is dit -
hoe gaan julle mense kry om podsaai te gebruik (nee julle - hoewel ons
woord ook 'n nuutskepping is is dit die "regte" een) - en hoekom bly
by die pod-deel daarvan? 'n Wonderlike voorbeeld in Afrikaans is
eendjiebyter vir 'n incubator. Net so pod - pot. Mag nuutskeppings
nooit humoristies wees nie? Op sy beste sal ek nog podgooi gebruik. Ek
is geen kenner nie maar daar is baie voorbeelde in ander tale waar die
woord wat iets moet beskryf nie regtig 'n letterlike vertaling daarvan
is nie.

Hoop nie ek het jou vies gemaak nie - ek gee jou net my mening. "

Mooi loop

Alet (boerdogter op moddereiland)

OPVOLG EMAIL VANDAG GEKRY:
Jong, jy het n skakel na hulle webwerf op jou blog. (http://
www.vertaal.org/waitt/)

(Dis daai klompie wat Afrikaanse IT terme soek vir die Engels.) Maar
die spesifieke ou vir wie ek gemail het is albe...@praag.org. Hy is
deel daarvan. Hy het intussen vir my 'n baie nice e-pos gestuur
waarin hy se dat hulle voel die "regte terme" moet steeds gebruik word
- en dit is klankvoer, maar dat die ander terme daarby aangedui sal
word as "informele" terme wat mense ook gebruik. Dis seker 'n goeie
kompromie?

Attie

unread,
May 24, 2007, 7:56:52 AM5/24/07
to Afrikaanse Potgooiers - podcasters
Hulle mis die punt met podsaai/potsaai. Potgooi is nie 'n direkte
vertaling van podcast nie - dis juis wat so great is. Potgooi beteken
jy "gooi" enigiets in die "pot" (met verwysing na potjiekos) en gesels
daaroor. Watter beter beskrywing kan jy mootlik hê?

Johann Beukes

unread,
May 24, 2007, 9:58:51 AM5/24/07
to Afrikaanse Potgooiers - podcasters
Jy is maar stil deesdae, maar wanneer ons van jou hoor is dit wyse
woorde.
Hoor Hoor!
Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages