![]() |
|
2021-03-10 22:44 Goeiedag Polsslag INSAKE: Rhuskeeti, NPD en Hoëveld PD Gebiedskampe
Kom kamp saam met ons … Hiermee die beloofde dokumentasie van Rhuskeeti Verkennerkamp, NPD Gebiedskamp en die gewysigde dokumentasie soos ontvang vanaf Hoëveld PD Gebiedskamp. A. Rhuskeeti Verkennerkamp (Sondag, 25 April 2021 tot Saterdag, 1 Mei 2021) Verlede jaar dié TYD het ons nog gedroom van die kamp wat sou plaasvind, en nooit sou ons raai dat die hele land tot stilstand sou kom nie. My hart was baie seer toe ons nie in 2020 kon kamp nie. Maar, dit is ’n nuwe jaar en dit is hoog TYD dat ons gereed maak om saam in die Waterberge te gaan speel en leer! Hiermee nooi ek jou hartlik uit om TYD op sy te sit om die TYD van jou lewe te kom hê by Rhus keeti Avontuurkamp. B. NPD Gebiedskamp (Woensdag 28 April 2021 tot Sondag 2 Mei 2021) Ontdek die paradys van die Noorde. Baljaar by ons eie glyklip en onderneem staptogte op kronkelpaadjies met bome wat so hoog is dat hulle toppe skaars sigbaar is. Ontdek die geheime en versteekte watervalle in ons eie feetjieland.
Hoëveld PD Gebiedskamp (Woensdag 28 April 2021 om 08h00 tot Sondag 2 Mei 2021 om 12:00) 40 Jarige Feeskamp.
Om hierdie kennisgewing aanlyn te besigtig, klik op hierdie skakel: https://transvaal.voortrekkers.co.za/rhuskeeti-npd-en-hoeveld-pd-gebiedskampe/ Vriendelike groete |
![]() |
Indien jy wil in teken op Transvaal Voortrekkers se poslys, klik op hierdie skakel: https://transvaal.voortrekkers.co.za/teken-in-op-transvaal-voortrekkers-se-poslys/
Indien jy nie verder kennisgewings vanaf Transvaal Voortrekkers wil ontvang nie, klik hierdie skakel om die poslys te verlaat: https://transvaal.voortrekkers.co.za/?es=unsubscribe&hash=eyJtZXNzYWdlX2lkIjoiMTIwIiwiY2FtcGFpZ25faWQiOiIyIiwiY29udGFjdF9pZCI6Ijc0IiwiZW1haWwiOiJhZG1pbmlzdHJhc2llQHBvbHNzbGFnLmNvLnphIiwiZ3VpZCI6ImtnZmxjdS1leXdseGMtbmlhYmx6LW9id3lpZy1pemtxZGYiLCJsaXN0X2lkcyI6IiIsImFjdGlvbiI6InVuc3Vic2NyaWJlIn0