Internasionale Afrikaans-Ekspo vir leerders Gr 6 - 12

5 views
Skip to first unread message

Polsslag

unread,
Jun 15, 2017, 12:09:31 AM6/15/17
to Polsslag

cid:image005.jpg@01D2E41D.1F2D6960

 

 

WAT IS DIE INTERNASIONALE AFRIKAANS-EKSPO?

Die Internasionale Afrikaans-Ekspo is ’n opwindende skryfkompetisie wat veral fokus op leerders en studente se kreatiewe hantering van Afrikaans. Tesame met die feit dat dit pret is om deel te neem, word leerders ook gehelp met hulle skryfproses deurdat hulle terugvoer kry van die beoordelaars.

 

Die Ekspo word vanjaar in ’n nuwe formaat aangebied om sodoende aan te pas by die moderne tegnologie en om deelname aan die Ekspo meer toeganklik te maak.

 

                Kliek hier om die Ekspo-werf te besoek.

 

Sou jy kopkrap oor die aanlyn inskrywings, dan kan jy na ’n kort video kyk deur hier te kliek.

 

      WIE KAN DEELNEEM?

      Alle graad 6- tot 12-leerders en studente in enige land, selfs Afrikaanse huistaalsprekers of sprekers wat Afrikaans as ’n tweede of derde taal het in Australië, Kanada, Engeland, Rusland, die VSA. Sprekers uit die Lae Lande soos België en Nederland word veral aangemoedig om deel te neem en hulle skryfwerk aan ons te stuur.

 

       Skole in Suid-Afrika en Namibië word aangemoedig om die leerders deur die skool te laat deelneem, maar individuele leerders se inskrywings sal nie weggewys word nie. Die skool wat die meeste leerders inskryf vir die kompetisie, kry R10 000 vir hulle Afrikaanse departement en ontvang ook ’n FAK-boekgeskenk en ’n kopie van die nuutste FAK-Sangbundel vir hulle skool. Daarom word skole aangemoedig om eerder leerders deur die skool te laat inskryf.

 

       Skole en universiteite wat Afrikaans as Huistaal en Afrikaans as Addisionele Taal neem, se leerders/studente mag deelneem.

 

TEMA VAN DIE JAAR

Vanjaar se tema is PROTES.

 

INSKRYWINGSGELD

Geen inskrywingsgeld word gevra nie. Ja,  jy lees reg, die Ekspo is GRATIS!

 

SLUITINGSDATUM

                31 Julie 2017

KATEGORIEË WAARAAN LEERDERS/STUDENTE KAN DEELNEEM

            Dagboekinskrywing    

            Koerantberig

            Opstel

            Kortverhaal

            Poësie

            Fotografie

            Geskiedenis – Historiese opstel

 

Groete,

 

Chrisna Nel

Taal- en Kultuurprojekbeampte

Sel +27 83 460 6017   Tel +27 12 301 1777

E-pos chr...@fak.org.za   www.fak.org.za

slagspreuk alleen

Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages