Geagte Polsslag lid, ouer, Heemraad en Offisier
Net 'n herinnering aan die volgende reelings in verband met die kommando kamp:
1. Registrasie Vrydag is van 15:00 tot 17:30
2. 1 x rol toilet papier en 1 x pakkie koekies moet ingedien word per persoon/kind
3. Ons gaan klei-lat en waterkaskenades he, pak asb ekstra stel skoene en ou klere in en plastiek sak vir vuil, nat klere.
Die program begin Vrydag 18:00
Neem asseblief kennis van die volgende:
Daar gaan vure wees Sondag vir 'n bring en braai, so die ouers wat hul kids kom haal kan eers n braaitjie maak voor julle terug ry huis toe.
Kampterrein is tot 15:00 beskikbaar.
Sien julle Vrydagaand.
Vriendelike Polsslag groete