633 - Ek glo in Jesus Christus

1 view
Skip to first unread message

Hannes Windell

unread,
Oct 26, 2024, 12:31:03 AM10/26/24
to Padkos

Ek glo in Jesus Christus

Steentjie vir steentjie het hulle die drankieplankies gemaak wat nou in my sitkamer en studeerkamer gebruik word. Ja, die drankieplankies waarop gaste hul bekers neersit is mosaïeke. My suster het die een stel gemaak en ‘n vriendin die ander.

Vier evangelies vertel Jesus se verhaal. Twee begin met geboorteverhale en twee net na Sy doop. Sy verhaal handel hoofsaaklik oor sy bediening. Ons hoor van sy optrede maar ook baie van sy lering.

Matteus, Markus en Lukas bevat elkeen ‘n verhaal waar Jesus sy dissipels vra: “Maar julle, wie, sê julle, is Ek?”

Johannes begin sy evangelie met die antwoord op die vraag. In die eerste paar verse van sy evangelie verklaar hy reeds dat Jesus die Seun van God is van wie ons genade op genade ontvang.

‘n Assiriese Christen, Tatianus het in die middel van die tweede eeu die Diatessaron saamgestel . Hy het in Siries die verhale oor Jesus uit die vier evangelies oorvertel in een samehangende verhaal. Hy wou Jesus aan sy eie mense bekendmaak.

Die Geloofsbelydenis vertel in ‘n paar sinne wie Jesus is.

Ongeveer veertig jaar gelede het Klaas Runia gesê dat daar twee vrae is wat mense oor Jesus vra:

·        Wie is Jesus?

·        Wat het Hy vir ons gedoen?

Volgens Runia het mense van die tyd van die Nuwe Testament tot ongeveer die Eerste Wêreldoorlog meestal in die volgorde oor die vrae nagedink. Veral vanaf die Tweede Wêreldoorlog dink hulle eers oor die tweede vraag en voordat hulle oor die eerste vraag dink.

As ek die Geloofsbelydenis beluister begin dit oor Jesus praat deur te verklaar dat Hy die Christus, die eniggebore Seun van God is wat Here is. Dit begin met wie Jesus is.

Runia sê die mens na die Tweede Wêreldoorlog wil eers uitwerk wat Jesus vir ons kan doen voordat hulle in Hom glo.

Matteus is die evangelie wat die eerste in die Nuwe Testament geplaas is. Die evangelis begin sy Evangelie met die woorde “Jesus Christus (is) die Seun van Dawid, die Seun van Abraham.” Na die geslagsregister volg die verhaal van ‘n engel wat aan Josef verskyn. Die engel vertel aan hom dat die kind aan wie Maria geboorte gaan skenk, “kom van die Heilige Gees”. Hy moet Hom Jesus noem want Hy sal sy volk van hulle sonde verlos.

Ek voel of die eerste stuk wat ek oor Jesus wil skryf, maar sukkel-sukkel gaan. Dit neem tyd. Dalk is dit soos om ‘n mosaïek te maak.

Tog lyk dit of sowel Matteus as Johannes ons eers wil vertel wie Jesus is voordat hulle ons vertel wat Hy vir ons doen.

 

Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages