643 - O Here, kom verlos ons

0 views
Skip to first unread message

Hannes Windell

unread,
Dec 19, 2025, 1:54:05 AM12/19/25
to Padkos

O Here, kom verlos ons

Dis nou al weke lank dat ek loop en wonder wat om te skryf oor die "ons Here" deel van die frase in die geloofsbelydenis "ek glo in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here." Daar is so baie om daaroor te sê.

Wel vandag het ek nog 'n perspektief daarop teegekom in die adventsantifoon vir die 18de desember.

Die verkorte weergawe lui so: "O Here, Leier van die huis van Israel, kom verlos ons met u uitgestrekte arm."

 

Wie ook al die tweede adventsantifoon saamgestel of gedig het, het besluit om Jesus aan te spreek as "Here". Hy word ook "Leier van die huis van Israel" genoem. Die meeste van die frases wat in die tweede antifoon gebruik word, kom uit Eksodus 3,6 en 20. Dit praat van die Here se verskyning aan Moses by die brandende doringbos, by die berg Sinai.

Hier volg die volledige gebed met die aanhalings:

O Here, Leier van die huis van Israel,

Wat aan Moses in die brandende doringbos verskyn het

En aan hom op Sinai die wet gegee het:

Kom verlos ons met u uitgestrekte arm.

 

Die kort belydenis "Jesus is die Here" was die kern van die vroegste belydenisse oor wie en wat Jesus regtig is. Gaan lees gerus 1 Korintiërs 11:3, Romeine 10:9 en Filippense 2:11 waarin bely word: Jesus is die Here.

 

Dalk heg ek te veel waarde aan die samevoeging van die klompie verse wat in die tweede adventsantifoon voorkom. Wat ek daarin hoor is dat die Here iemand is wat Homself aan ons bekend maak. Ek hoor dat Hy ons die pad wil aandui. En dan hoor ek dat as ons oor sy koms nadink, kan ons weet dat Hy wil kom om ons te verlos. Hy doen dit met sy uitgestrekte arm.

 

Verlossing het verskillende betekenisse. Met Jesus se koms het Hy ons op verskillende maniere kom verlos. Hy het siekes genees, hulle verlos van siekte. Hy het dooies opgewek uit die dood – hulle verlos van die dood. Hy het die prys ons sonde betaal – ons losgekoop uit die mag van die sonde. Hy het ons verlos van die bose.

 

As jy die Kerstyd gereed maak vir Kersfees, bid jy ook "O Here kom verlos ons" .

Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages