634 - Jesus van Nasaret

1 view
Skip to first unread message

Hannes Windell

unread,
Nov 17, 2024, 11:53:49 PM11/17/24
to Padkos

Jesus van Nasaret.

“Nie almal het ‘n bekeringsverhaal soos Paulus nie.”

Ek dink dat dit ds. Donnie se woorde was. As ek reg onthou, het hy verder gegaan en gesê dat sommige van ons se bekeringsverhale soos Timoteus s’n is.

Ek het by ds. Donnie van der Westhuizen gekatkiseer. Hy en ds. Hanan Viljoen het ‘n groot invloed op my geloofslewe gehad toe ek tiener was.

My idee dat ons almal ‘n bekeringsverhaal behoort te hê kom waarskynlik van hulle twee af.

Ek dink dat dit nie moontlik is om die Twaalf Artikels te bely sonder dat jy erens ‘n bekeringservaring gehad het nie. Dit hoef nou so dramaties soos Paulus s’n te wees nie. Êrens het jy besef dat jy die Here in jou lewe nodig het, dat Hy jou verlosser is.

Lukas vertel drie keer Paulus se bekeringsverhaal. In Handelinge 9 lees ons die verhaal. Dan vertel Paulus self die verhaal twee keer. Die eerste keer in Handelinge 22 vertel hy dit in Hebreeus terwyl hy met die Jode praat nadat hy in die tempel gearresteer is. In sy gesprek met koning Agrippa vertel hy die verhaal ‘n tweede keer.

Hy was op pad Damaskus toe om volgelinge van Jesus se arresteer en na Jerusalem terug te bring. ‘n Glansende lig verskyn aan hom en ‘n stem vra “Saul, Saul, waarom vervolg jy my?”

“Wie is U, Here?”

“Ek is Jesus van Nasaret wat jy vervolg.”

Paulus se ontmoeting met Jesus van Nasaret verander sy lewe van ‘n vervolger na ‘n volgeling, na ‘n evangelieverkondiger.

Soos ons wanneer ons verder oor die Twaalf Artikels gaan nadink, sal ontdek was Jesus se koppeling aan Nasaret deur Josef en Maria. Die engel verskyn aan die meisie Maria van Nasaret en kondig aan dat sy swanger sal word en ‘n seun in die wêreld sal bring. Sy was verloof aan Josef. Josef neem haar en die kindjie terug na Nasaret nadat hulle uit Egipte terugkeer.

Paulus erken Jesus se verskyning aan hom op die pad na Damaskus vir wat dit is. In die Jesus van Nasaret ontdek hy die Here. Hy spreek Hom ook so aan. Al vra hy eintlike die vraag: “Wie is U, Here?” was die antwoord vir hom duidelik.

Wat is jou bekeringsverhaal? Hoe verloop dit?

Hoe ook al.

Êrens, een of ander tyd, moes jy, moet jy besluit wat jy oor Jesus van Nasaret glo.

 

Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages