542 - Opoffering

46 views
Skip to first unread message

Hannes Windell

unread,
May 27, 2022, 1:43:10 AM5/27/22
to Padkos

Opoffering

Ek moes die woordeboek nadertrek toe ek die eerste keer die woord pleng teëgekom het.
Ken jy die woord?

Wel, ek het nie. Ek het die woord teëgekom toe ek op Universiteit tekste moes vertaal. My woordeboek het die Griekse woord se betekenis as pleng weergegee. Dit het my nie veel gehelp nie. Die Afrikaanse verklarende woordeboek help toe. Pleng is om iets as ʼn drankoffer uit te giet.

In Israel se godsdiens, soos in dié van baie ander godsdienste, was daar verskillende offers: brandoffers, voedseloffers, reukoffers en drankoffers. Op die altare is die offers gebring: diere, vleis, verskillende soorte kos, wierook en reukolies, olyfolie en wyn.

Dikwels verklaar ons dat met Jesus se offer aan die kruis, die offerdiens afgestel, beeindig is. Dit is nie meer nodig om offers te bring nie.

Dit is nogal iets waaroor ek baie gedink het in my jonger jare. Wel daar was daardie tyd daaroor gepraat dat mense wat in die Polisiediens of in die Weermag was, bereid moes wees om offers te bring. Daar is monumente opgerig vir die soldate in oorlogstyd of polisielede in die uitvoering van hulle pligte hulself geoffer het vir ander. natuurlik is dit prysenswaardig. Ons moet dit onthou. Ons moet hulle daarvoor eer.

Paulus praat op meer as een plek in sy briewe dat die lewe van geloof ʼn offer is. Dink maar aan Romeine 12:1 waar hy sê dat onsself aan God as lewende en heilige offers moet gee. Hy doen dit ook hier in Filippense 2:17:

“Julle geloof is ’n offer in diens van God. Selfs al word my bloed daarby as drankoffer uitgegiet, is ek daaroor bly”.

Die interessante, wat ʼn mens nie sommer in ʼn vertaling sien nie, is dat Paulus in die enkele vers 3 woorde gebruik wat met offer te doen het. Hy praat van homself as ʼn drankoffer wat uitgegiet word – hy word gepleng. Hy praat van die Filippense wie se geloof ʼn offer is en hy praat van diens aan God. Drie Griekse woorde praat van ʼn omvattende diens, opofferende diens.

Oor die jare heen het ek dit gehoor by mense “Ons het nie tyd om by die kerk betrokke te raak nie”.  Dit is maklik om ander te verkwalik as jy dit hoor, maar is daar nie iets daarvan in elkeen van ons se lewens teenwoordig nie.

Dit is moeilik om opofferings te maak, selfs vir die dinge waarin jy glo, vir mense wat vir jou belangrik is. En tog, ons doen dit – oor en oor.

Sondag is daar weer ʼn erediens. As ons dit reg verstaan is dit ʼn opoffering wat ons maak om daarheen te gaan, dit te gaan hou daaraan deel te neem. Ons moet ons self daarin gaan gee. Die lewe is ʼn erediens. Dit waarmee ek nou gaan besig raak as ek hier klaar is.

Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages