625 - Die Alfa en die Omega... die Almagtige"

0 views
Skip to first unread message

Hannes Windell

unread,
Oct 5, 2024, 2:22:48 AM10/5/24
to Padkos

“Die Alfa en die Omega...”

‘n Mens moet eintlik nie ‘n ernstige nadenke oor God met ‘n grappie begin nie, verskoon maar.

Jannie het sy fisiese wetenskap in Engels geleer. Een dag in die klas vra die juffrou hom toe wat die chemiese simbool vir water is. Jannie antwoord toe fluks “HIJKLMNO”. Die juffrou is toe baie ontsteld en sê dat dit verkeerd is. Waarop Jannie sê: “But teacher you said that water is H to O.”

Heel vroeg in die boek Openbaring hoor ons dat God verklaar wie Hy is. In Openbaring 1:8 hoor ons dat Hy verklaar dat Hy die Alfa en die Omega is, die een wat is en wat was en wat kom. Hy is ook die Almagtige.

Dit is die eerste van ‘n paar verse in Openbaring waar die term Almagtige as ‘n beskrywing of titel van God gebruik word. Behalwe vier ander plekke in die Nuwe Testament bevat die boek Openbaring die nege ander verse waarin die woord Almagtige gebruik word om na God te verwys.

In die wêreld waarin Johannes geleef het, en in besonder die boek Openbaring wat hy aan sy lesers moes skryf, is die Here wat self verklaar dat Hy die Almagtige is, ‘n kragtige uitspraak.

Johannes sit as ‘n balling op die eiland Patmos. Na ‘n jarelange bediening in die stad Efese, is hy na Patmos verban. Die Romeinse owerheid het hom skynbaar daarheen verban omdat hy die Woord van God en die evangelie oor Jesus Christus verkondig het.

In die Romeinse wêreld waar die oppergesag van die keiser verklaar is en die feit dat hy as heerser erken moes word, belangrik was, was die evangelie waarskynlik gesien as ‘n teken van burgerlike opstand. Hoe kan iemand verklaar dat iemand anders as die keiser in volle beheer is!

En nou skryf Johannes neer dat God verklaar dat Hy die Alfa en die Omega is, die een wat is en wat was en wat kom. Hy is die Almagtige.

Die eerste twee uitsprake wys terug na die laste deel van die boek Jesaja waar die Here soortgelyke uitsprake maak. Daar lees ons egter dat die Here die eerste en die laaste is. Eintlik is dit maar ongeveer dieselfde. Dit is goed bekend dat alfa die eerste letter van die Griekse alfabet was en omega die laaste letter. En eintlik beteken die Here se uitspraak in Jesaja en in openbaring nie net dat Hy die eerste en die laaste is nie, maar ook alles tussenin.

Die tweede verklaring is dat Hy die een is wat is en wat was en wat kom. Dié verklaring laat ons verstaan dat God nie net die teenwoordige in ons hede is nie, Hy was ook daar in die verlede. Sy betrokkenheid by ons strek tot in die verre verlede, selfs in die tyd van die voorvaders en selfs nog voor daardie tyd. Maar Hy is ook die God van nuwe dinge en nuwe tyd. Dit was verskuil lê in die verre toekoms is vir Hom nie verborge en met vaagheid bedek nie.

Die term “Almagtige” waarmee die uitspraak afsluit, sluit die nie af of in nie. Die term verklaar dat vir Hom niks te buitengewoon, te onmoontlik is nie.

Ek dink dat God se bekendmaking van wie Hy is aan die begin van die boek Openbaring inspireer ons om te midde van, ten spyte van ons eie beperktheid en die dinge waaroor ons ons bekommer, vas te hou aan Hom vir wie alles kan. Hy is die God van nuwe moontlikhede.

Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages