619 - Ek glo in God - Die brandende bos

1 view
Skip to first unread message

Hannes Windell

unread,
Sep 6, 2024, 1:10:56 AM9/6/24
to Padkos

Ek glo in God – die brandende bos

 

Ek kan my regtig nie voorstel wat Moses se belewenis by die brandende bos was nie. Een oomblik sien die skaapwagter ‘n brandende bos en die volgende oomblik is dit ‘n ontmoeting met God.

 

“Ek glo in God” kan in baie godsdienste waar wees. Dit kon in die Grieks-Romeinse wêreld, toe dit in die vroeë jare van die kerk bely is op verskillende maniere waar wees. Maar dit word gedefinieer.

Die woord “definieer” is so ‘n wonderlike woord. Die woord dwing ons om grense te stel, ons moet duidelik sê wat ons bedoel.

“Ek glo in God” word verder verduidelik deur die res van die Twaalf Artikels. God word Vader genoem, Skepper. Jesus Christus is die Seun. Hy sit aan die regterhand van die Vader.

 

Wanneer God ‘n ontmoeting met Moses het, stel Hy Homself bekend. Hy is die God van Abraham, Isak en Jakob. En tog as Moses die opdrag kry om na Israel te gaan, vra hy vir Hom: “As die mense my vra: Wat is Sy Naam? Wat sal ek sê?”

Moses moet kan sê wie het hom gestuur.

 

Dit was die eerste van ‘n reeks ontmoetings wat Moses met God gehad het. Hulle was dikwels in gesprek. Al die ontmoetings het Moses verander en gee ons ‘n dieper kyk in wie God is.

In die eerste ontmoeting kry Moses ‘n idee oor wie God is. God was werksaam in die verlede. Hy roep Moses vir die toekoms – God se toekoms met die volk. Maar Hy vertel Moses ook in die Naam wat Hy Homself toeken, dat daar iets misterieus aan Hom is.

Daar is verskillende maniere om God se selfbenaming as “Ek is” te verstaan. Hy verklaar dat Hy bestaan. Hy definieer Homself. Hy is die een wat Homself sal bekendmaak.

 

In die Bybel is daar baie name waarmee daar na God verwys word, maar om dit nou te probeer lys, gaan nie help nie. Jy het dalk die een of ander gunsteling onder hulle.

 

As die Twaalf Artikels ons lei om ons belydenis te begin met “Ek glo in God” dwing dit ons om regtig na te dink aan wie ons regtig dink en glo God is. Nie net wie God vir ons is nie maar wie Hy regtig vir ons is.

 

Die Bybel gebruik in die Ou en Nuwe Testament verskillende name om God mee te beskryf, maar in Moses se ontmoeting verklaar Hy net: “Ek is wat ek is.”

 

Die eerste reël van die Twaalf Artikels dwing ons nie om vir een van die baie name van God te kies nie, dit gee ons vryheid om net te sê “Ek glo in God”. Tog kan ons nie anders om as ons dit sê verder te dink oor wie Hy regtig is nie.

 

Moses wou nie onseker wees, wie hom gestuur het nie. As ons bely “Ek glo in God”, moet ons weet wat ons werklik glo.

Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages