Padkos 362 - "Meng jou met die semels...."

178 views
Skip to first unread message

win...@iafrica.com

unread,
Apr 15, 2021, 2:05:49 AM4/15/21
to pad...@googlegroups.com

“Meng jou met die semels…”

 

Iemand het Paasmaandag vir my ʼn opstandingsikoon gestuur.

Ikone is daardie gestandaardiseerde godsdienstige skilderye wat veral in die Ortodokse kerke ʼn groot rol speel. Dit is meestal uitbeeldings van gebeure in Jesus se lewe.

Persone wat ikone wil skilder moet aan verskillende vereistes voldoen en hulle noem dit ook nie “skilder” nie. ʼn Mens “skryf” ʼn ikoon.

In die besondere ikoon wat ek ontvang het word Jesus uitgebeeld wat met sy voete op die doderyk of graf staan. Dan trek Hy ook ʼn man en ʼn vrou op uit die doderyk. Dit is natuurlik Adam en Eva. Daar is veel meer detail en betekenis aan die ikoon as net die klein bietjie besonderhede wat ek vir jou gegee het.

 

Ek het grootgeword met die spreekwoord “meng jou met die semels dan vreet die varke jou”. Ek kon die spreekwoord goed verstaan. My oupa het varke op sy kleinhoewe aangehou. Ons moes dikwels die groenteskille en ander eetbare oorskiet vir die varke gaan voer.

Daar is natuurlik ook ander spreekwoorde wat dieselfde boodskap oordra: ʼn mens moet versigtig wees met wie jy jou assosieer. Jy moet versigtig wees wie jou vriende is.

 

In 1 Korintiërs 15:22 skryf Paulus: “Net soos almal deur hulle verbondenheid met Adam sterf, so sal almal in Christus lewend gemaak word.”

Paulus sê dus dat ons wat met Adam geassosieer word of is, het nou die geleentheid om ons met Christus te assosieer.

Ons verbondenheid met Christus is natuurlik ʼn geloofsverbondenheid. Ons kies in geloof om met Hom geassosieer te word of wees.

 

Jesus het my uit die doderyk geruk. Ek leef in verbondenheid met Christus. Ek het deel aan die onvernietigbare lewe wat Hy gee. Niks of niemand kan my uit Sy hand ruk nie.

 

Ek het my nie met die semels gemeng nie. En jy?

 

Terloops as jy die ikoon wil bekyk, ek het dit aangeheg.

 

 

 

Anastasis.jpeg
Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages