637 - Ek glo in Sy eniggebore Seun

1 view
Skip to first unread message

Hannes Windell

unread,
Jan 20, 2025, 12:12:29 AM1/20/25
to Padkos

Ek glo in Sy eniggebore Seun

“Hierdie man was werklik die Seun van God.”

Telkens wanneer ek hierdie woorde van die Romeinse offisier wat by Jesus se kruisiging teenwoordig was in Markus 15:39 lees of oordink, wonder ek of dit ‘n geloofsbelydenis was. Was hy nie dalk maar net beïndruk deur die manier waarop Jesus die hele ervaring van die kruisiging hanteer en beleef het nie?

Vir my, en dalk vir jou is die belydenis wanneer ons die verhaal van Jesus se kruisiging lees en bedink, nie veel anders nie. ons wil ook bely dat Jesus werklik die Seun van God is. trouens dit is iets wat ons elke Sondag bely of behoort te bely.

Ons bely Hy is die eniggebore Seun van God.

Markus begin sy evangelie met die verklaring dat hy vir ons die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God vertel. Hy verduidelik nie hoekom jy Jesus se titels en beskrywing in die opskrif van die evangelie gebruik nie. Markus beskryf wel dat pas na Johannes die Doper Jesus gedoop het, die hemel oop gaan en dat daar ‘n stem uit die hemel ‘n verklaring maak. God self verklaar teenoor Jesus “Jy is my geliefde Seun, oor jou verheug Ek my.” Die woorde kom uit Markus 1:11.

Dit is nie die enigste plek waar God self ‘n verklaring maak oor Jesus nie.  In die verhaal oor Jesus se verheerliking op die berg, gebeur dit weer. God maak weer ‘n verklaring oor Jesus: “Dit is my geliefde Seun. Luister na Hom.” Die woorde kom uit Markus 9:7.

Dit is vir my redelik duidelik dat God die verbintenis tussen Hom en Jesus nie net vestig nie, maar duidelik definieer met die twee verklarings. Die verhouding tussen Hom en Jesus is die van ‘n vader met sy seun. Sonder om ‘n denksprong te maak kan ‘n mens verklaar dat God self Jesus se goddelikheid definieer en bevestig. Ons het nie die verklaring van die Romeinse offisier by die kruisiging nodig om te glo dat Jesus die Seun van God is nie. Ons moet net God se woord daarvoor neem.

My belydenis dat Jesus die Seun van God is, kan my egter nie onaangeraak laat nie. Ek is redelik seker dat God se opdrag aan die dissipels by die verheerliking ‘n groot appèl tot my rig om my optrede en gedrag in ooreenstemming te bring met wie Jesus werklik is.

Tot watter mate is my lewe as gelowige ‘n teken dat ek werklik luister na die Seun van God?

 

Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages