Strandfontein & Doringbaai

36 views
Skip to first unread message

John Murray

unread,
Nov 19, 2008, 8:30:29 AM11/19/08
to overlan...@googlegroups.com

Has anyone camped at Strandfontein or Doringbaai.  What are your preferences?

 

Thank you

John

 

 

 

From: Wernich Stipp [
Sent: 19 November 2008 02:56 PM
To: John Murray
Subject: Strandfontein & Doringbaai

 

Howzit John-boy,

 

Kyk bietjie op een van jou forums of iemand al by Strandfontein en / of Doringbaai gekamp het?

 

Ek foto’s & contact detail

 

Thanks

W


image001.jpg
image002.jpg

Albertse, Gert <gjja@sun.ac.za>

unread,
Nov 19, 2008, 8:52:17 AM11/19/08
to overlan...@googlegroups.com

Hallo John

 

I have been camping at Strandfontein for the past 40 years. Very nice facilities. When do you plan to go? I will not recommend Doringbaai for camping, maybe B&B.

 

Greetings

Gert

Stellenbosch

Ivan Marais

unread,
Nov 19, 2008, 9:13:59 AM11/19/08
to overlan...@googlegroups.com
Excellent camping at Strandfontein, reasonably priced, and you have your own ablution.
Is fully booked over the festive season though.
I live closeby, if you need further info contact me on my email
 
Ivan Marais
----- Original Message -----
Sent: Wednesday, November 19, 2008 3:30 PM
Subject: [Overland] Strandfontein & Doringbaai



No virus found in this incoming message.
Checked by AVG - http://www.avg.com
Version: 8.0.175 / Virus Database: 270.9.7/1798 - Release Date: 2008/11/18 08:59 PM

John Murray

unread,
Nov 19, 2008, 9:25:18 AM11/19/08
to overlan...@googlegroups.com

Excellent, Thank you Ivan and Gert!

 

From: overlan...@googlegroups.com [mailto:overlan...@googlegroups.com] On Behalf Of Ivan Marais


Sent: 19 November 2008 04:14 PM
To: overlan...@googlegroups.com

Subject: [Overland] Re: Strandfontein & Doringbaai

Gys Vermeulen

unread,
Nov 20, 2008, 1:24:48 AM11/20/08
to overlan...@googlegroups.com
This request made me thinking of a time long ago (40+) years when the
maternal side of our family used to transfer all the farms operations
to StrandFontein (and Gert du Toit se Baai) camping in those white
bell and roadworkers tents as well as in Matjieshuise. The family was
quite large and we took over Strandfontein between Chrismas and the
first week in January. Male part used to go fishing and collecting
crayfish by the bag full.

The water was cold but the friendship warm
Those were the days..................
Groetnis
Gys(wonder how many of the Prins family still goes there...)

On 19/11/2008, John Murray <jo...@m-gis.co.za> wrote:
> Excellent, Thank you Ivan and Gert!
>
>
>
> From: overlan...@googlegroups.com
> [mailto:overlan...@googlegroups.com] On Behalf Of Ivan Marais
> Sent: 19 November 2008 04:14 PM
> To: overlan...@googlegroups.com
> Subject: [Overland] Re: Strandfontein & Doringbaai
>
>
>
> Excellent camping at Strandfontein, reasonably priced, and you have your own
> ablution.
>
> Is fully booked over the festive season though.
>
> I live closeby, if you need further info contact me on my email
>
>
>
> Ivan Marais
>
> ----- Original Message -----
>
> From: John Murray <mailto:jo...@m-gis.co.za>
>
> To: overlan...@googlegroups.com
>
> Sent: Wednesday, November 19, 2008 3:30 PM
>
>
> >
>


--
Gys Vermeulen
Phambili Africa Safaris
Registered Overland Guide GP2096, Animal Scientist
email address: gys.ve...@gmail.com
Cell RSA: (+27)(0)828243473 or 0834511551
Office: 040 653 8037
Fax: 040 653 8037
Dikgomo ke Banka Yarona
1984 One-Ten V8 Hardtop
2002 LandRover 130 doublecab

Andre Janse van Rensburg

unread,
Nov 20, 2008, 6:06:57 AM11/20/08
to overlan...@googlegroups.com
HiAll,
 
This thread reminded me of a hillarious story I once received about a family's holiday at Strandfontein!
 
It is in Afrikaans, in PDF format, and about 58kb big!
 
If you want to read it, please send me a PM, and I will forward it.
 
Regards
 
Andre
 

John Murray

unread,
Nov 20, 2008, 8:23:28 AM11/20/08
to overlan...@googlegroups.com

seblief

 

From: overlan...@googlegroups.com [mailto:overlan...@googlegroups.com] On Behalf Of Andre Janse van Rensburg
Sent: 20 November 2008 01:07 PM
To: overlan...@googlegroups.com
Subject: [Overland] Re: Strandfontein & Doringbaai

 

HiAll,

Hennie Rautenbach

unread,
Nov 20, 2008, 11:48:04 AM11/20/08
to overlan...@googlegroups.com
Copy en paste die text forum toe. 58Kb is klein genoeg.

Douw

unread,
Nov 20, 2008, 2:05:57 PM11/20/08
to overland-forum


Strandfontein is one of the best civilised camp sites to end a trip
after you have been to Koringkorrelbaai or Poen se Gat (my secret
place) or one of the other places north of Olifantsrivier for three
days. Just respect the place and don't make new tracks like the
Namakwaland locals do. Your car can do it, you don't have to prove
it.

But I really doubt whether you will still get a (good) December spot a
Strandfontein. They are booked well in advance.

Douw Kruger

"Nag me, even pay me and I will take you to places at the West Coast
where the devil is on a sabbatical"

Andre Janse van Rensburg

unread,
Nov 21, 2008, 1:50:54 AM11/21/08
to overlan...@googlegroups.com

NUWEJAAR OP STRANDFONTEIN

[Met erkenning aan Elna, John en sommer almal wat deur die jare idees in my

kop gelos het]

My oorle oompie Doors – Doors Hangbal was sy bynaam – oorle Pa se halfbroer,

het my hierdie ene vertel. Glo my, hy was 'n verteller van formaat. Soos hulle in

Namakwaland loop staan en sê, meester bo-bo meester. Was oompie Doors.

Ek loop en wonder nou nog waarom die ou mense altyd vir almal byname moes

loop staan en gee. So amper asof hulle bang was hulle sou met die spulletjie

staan en deurmekaar raak. Oompie Doors syne het my jare aan die raai gehad,

maar daai's 'n storie vir 'n ander dag.

Oorle oompie Doors, soos ek gesê het, was oorle Pa se halfbroer. Nou moet julle

nie loop staan en dink oorle Oupa Hennerik het loop en wilde hawer saai net waar

hy gekom het nie. Was 'n kerkman. Het nie eens daaraan gedink om die eg effe

te buig – laat staan nog van breek – toe die engele sy buurman een nag in sy

slaap deur die Goue Hekke gedra het nie. Al het daai weduwee met die vol

spanspekboesem, perdebylyfie en lekker wegstap soos 'n polisieperd hom male

sonder tal erg getempteer! Tuiemaker was hy, maar egbreker? Aikôna!

Nee, oorle oompie Doors was 'n halfbroer oorlat Oupa 'n tweede vrou gevat het

nadat eerste Ouma by die buurman anderkant die Goue Hekke aangesluit het.

1918 se Groot Griep het haar kom vat, so word vertel.

Ewenwel, nou loop dwaal ek af van die storie af.

Op 'n mooi dag, so vertel oorle oompie Doors, besluit Oupa Hennerik om bietjie

die spannetjie Strandfontein toe te vat vir Nuwejaar. Nou moet julle weet, daai

dae was dit nie sommer vir inklim en ry see toe nie. Eselwa met steeks esels start

jy nie sommer op en kom daai einste middag weer terug nie. Amper soos die

Sondvloed. Maklik 40 dae en 40 nagte se ry van Bitterfontein af en terug, vertel

oorle oompie Doors.

Die dag voor Oujaar, dag voor doubreek, is waentjie gepak. Elf spruite, oorle

Ouma en Oupa, Karools die navigator, voerjoggie en koudleier inkluis. En

eetgoed. Dis hardgekookte eiers, skuinskoek, boerbeskuit, gedroogte

boerbokblad, steenbokbiltong, turksvye, gemmerbier, lemoenstroop, hertzoggies,

plaatkoek, tuisgebakte soetsuurdeegbrode, koeksisters, Wilson toffies,

suurklontjies, appelkoosjam, plaasbotter, blik vol FG koffie, bruinsuiker,

boermeel, mieliemeel, die hele spens amper kaal gestroop.

En kooigoed, tente, seile, riempiestoele, ysterkatel vir die oumense, watervaatjie,

noodhulpkissie, hooi vir die esels. Lyk skoon soos Isaac Brodofsky- die Jood – se

smouswa. Kort net die hoeners in 'n fuik. Vertel oorle oompie Doors.

"Het ek gesê melk ook?" val Oompie himself innie rede. "Dan't ek gelieg. Melk

loop staan en raak mos suur. Suur bokmelk is so bleddie sleg lat jy dit nie eens

vir 'n kind van agteraf met 'n enema kan inkry nie. Nee, oorle Oupa het geglo in

vars melk byrie koffie. Daai einste tyd laai Oupa sommer 'n grootuier bokooi

saam met die kinners op wa. 'Vars vannie pram af' was oorle Oupa se leuse"

gaan die ou voort.

So sit en wonder ek by myself hoe so 'n TV advertensie in nou se dae sou gelyk

het. "Vars van die pram af" Sou seker 'n 18[SVLN] beperking gehad het, droom

ek stilletjies.

En so, vervat oompie Doors, lat Ouma die kleinspul sing. Hele pad. G'n niks se

draadloos en tapeplayer aan boord nie. Sing die kinnertjies "Sien jy hierie pennie,

ek het dit gebring. Vir die heidenkinners ennie senneling" en "Laat ons skyn…"

Kèrklike mense op die wa.

Dan loop staan en trek Oupa af. Koudleier top die eselenjin op met bietjie water.

Ketel af. Klein vuurtjie met dun houtjies. Kooltjie in die ketel om die koffiemoer te

laat sak. Pram Oupa sommer direk bietjie melk skuim-skuim in koffiebeker. Stop

kromsteel met "Donker Transvaal". Suie aan pyp en tuur doer ver in verste vertes

in. Man van min woorde.

"Haak op!" Eselenjin skop in. Eerste eselsrat. Glip sommer verby tweede en derde

en draf klop-klop in overdrive aan.

Ry die spannetjie sit-sit so.

Daai eerste aand, vertel oompie Doors, loop maak hulle staning deuskant

Koekenaap. Sommer so onder die Liewen Heer se sterregenade. Boerbeskuit,

bokmelk en koffie vir aandete. Vat Oupa Boeke. Dra almal aan die Liewen Heer

op. Regering, opposisie, poeliesmanne, Lutzville se waterfiskaal, Klawer se

skutmeester, dominie en sy span hemelhingste op die eerwaarde kerkraad,

weduwees en weeskinders, siekes, blinnes, dowes, minnerbevooregtes,

treindrywers, naaste familie, Ouma en die hele kroos by die naam, Karools die

koudleier, die eseltjies en selfs die Koningin van Ingeland loop hark hy nader vir

genade en gesondheid. Vra vir bewaring teen gifgoed, steekgoed, balbyters,

vlêrmuise en al wat bose is en lat Strandfontein se branders gekalmeer sal wees

ter wille van ons kinnertjies se veiligheid en plesier. Sê ek mos, kèrkmense díe.

Vertel oompie Doors.

"Ou swaer", noem almal ou swaer as hy eers op stryk is. Selfs Kammieskroon se

Roomse priester noem hy so as die storie eers koersvat, "ou swaer, daai aand

voel dit vir ons kinders kompleet of daar net 'n halfuur se slaap tussen Oupa se

'amen' en 'haak op!' was. Sweer Oupa het driekwart van die Liewen Heer se

genade in een slag opgesoebat"

Oujaarsdag, skuins na laatmiddag se kant, troep die ou spulletjie Strandfontein

binne. Grondvat en kampmaak sommer so in een sooi. Net die kruip-kleintjies sit

nie hand by nie. "Ou swaer, voorlat jy kan sê "pietsnot', toe's daai kamp

staangemaak. Alles in reguit lyne. Amper soos Norval's Pont se

konsentrasiekampgrafte."

Toe die son gaan platval agter die laaste deinings, sit spannetjie rondom 'n

staanvuur en pak ietsie weg vir môre se speel en swem en kwaaddoenery. Vat

oupa weer Boeke en vervat hy waar hy laas opgehou genadesmeek en dankiesê

het. Weer die hele rympie van voor af oor, maar hierdie keer las hy darem

beskerming teen bloublasies ook by.

Volgende oggend na brekvis streep die span af water se kant toe. Soos 'n trop

skape in droogtetyd agter 'n mielietrog aan.

"Nou moet jy mooi verstaan", so vertel oompie Doors, "daai tyd was ons árm.

Ons seunskinners swem sommer in onderbroeke en die meisiekinners in bloemers

en frokkies om die ergste skaamte te bedek." Ouma swem glad nie. Loop en

samajoor op en af teen die see om te kyk lat die spul nie versuip nie en tel kortkort

koppe.

Ouma was ook danig oor sonbrand en sonsteek. Almal is gekappie en gehoed Ook

smeermiddel aangemaak en saamgebring. Glo 'n konkoksie van bokvet, gliserien,

Dubin en 'n skeut "Au de Cologne' vir die lekker ruik. "Taai, ou swaer, taai",

vertel oompie Doors. "Taaier as kinkhoessnot, maar smeer moes ons vir ons laat

smeer!"

Dink ek so by myselwers. In ons tyd sou die apteke seker daai dikte room as

"Faktor 60" bemark het. Gewaarborg soos sonsverduistering teen sonbrand.

Weet Ouma te vertel dis van sonner smeergoed in die son lê lat meeste van Bont

Frikkie Vyevlei se kinners kompleet lyk of iemand hulle met 'n bol st…t gegooi en

hulle agter 'n sif gekoes het. Besproet soos roes. G'n kind van haar gaan

tarentaalbont hierdie lewe in nie. Smeer daai spannetjie lat hulle lyk soos 'n spul

ratels wat in willeheuning loop staan en rol het.

Oupa Hennerik, so vertel oompie Doors, was 'n beginselvaste kerkmens wat

nêrens onbetaamlik gekleed sal verskyn nie. In onnerbroek sal g'n mens hom

sien nie. Nie eens Ouma het op hulle huweliksnag nie, weet hy te loop vertelle.

So maak Ouma vir hom 'n propperse swembroek van 'n gebleikte meelsak.

Nou's die ou vlakwater toe, Loop met sy meelsakbroekie, wyerandhoed en

velskoene die water in. Dik gesmeer met Dublin konkoksie. Oompie Doors sê toe

Ouma hom aanpraat oor die skoene in die water, weet Oupa te sê daar waar hy

groot geword het, is hy van kleinsaf geleer waar water is, is daar duwweltjies.

Loop hy g'n stuk niks kaalvoet nie!

Na 'n vinnige kniediep besoek aan die water loop lê Oupa glo in die son. Op sy

maag. Weier om naeltjiekant ook son te gee. Ouma praat hom aan. Glo iets gesê

van blase brand bokant sy stuitjie en op sy kuite. Raak Oupa glo so bemoerd soos

'n oogpister agter 'n glasruit. "Vrou", seg die ou. Noem haar blykbaar so as hy

rêrig die hel in loop staan en word. Anders, so loop en vertel oompie Doors, noem

hy haar glo liefderyk 'Mamma'. "Vrou, ek gee nou nie om vir die 'Bokomo' op die

broekgat nie, maar oor daai 'selfraising' oppie voorkant laat ek my deur g'n mens

bespotlik maak nie"

Lê die ou vir die res van die dag net so – maagkant sand toe!

So kry kindertjies vrye teuels oor die eetgoed. Vra nie. Vat net. Koek kort-kort by

die kostent saam soos brommers om 'n drol. Kwyl-kwyl met bollekieste hol hulle

rond. Dit kou en speel en gil dat hoor en sien vergaan.

Tewisie en Servaas loop sit en rook glad en geheel en al donkiedrolle in 'n rietpyp

agter een van die rotse. Staar soos Oupa oor die wye dam. Weet mos die ou gaan

nie roer nie!

"Ou swaer, sowat van vreet het jy in jou dag des lewens nog nie gesien nie. Erger

as die spul Israeliete daai oggend toe dit vir eerste keer manna gereën het.Slaan

ons klompie Coetzee kindertjies niks oor nie – amper soos 'n ou plaasbul wat

gehoor het hy gaan volgende week slagpale toe"

Oompie Doors reken mens moet ook nie die Liewen Heer se genade en

beskerming te ver probeer rek nie. Reken hy al daai lang afsmekinge van Oupa

moes óf die Liewe Vader se genadekas volgepak het óf vir Hom so deurmekaar

staan en maak het dat Hy skoon loop vergeet het om hulle teen oordadige

turksvyvretery te beskerm.

Skemeraand slaan die turksvysatan met mag en mening toe. Klein Sorsie se

kanale so toe soos 'n kroepbors. Probeer Ouma al wat 'n raat is uit die

medisynetrommeltjie. Dis kasterolie, rooilaventel, groen amara, versterkdruppels,

helmeskrui, witdulsies, kanferolie, wille-als, fyngekapte aalwynblare,

boegoebrandewyn, turlington. Noem jy maar op. Sorsie bly so toe soos 'n

bottelstoor op Sondag. Niks gemaak nie. Loop en beur krom, soos 'n os onder 'n

juk, teen hierdie verstopping in.

Later vat Ouma-goed hom strand toe. Laat spring hom paar keer van 'n hoë rots

af. Sit turksvy vas soos kakiebos aan 'n poeliesman se jas. So, vertel oompie

Doors, is al raad wat later mos oorbly - Geloof. Is mos kerkmense. Besluit Oupa

hierdie is 'n saak van gebed. So is hy, Ouma en Sorsie in die slaaptent in. Staan

al die ander kindertjies buite en luister. Sê Oupa al wat gaan help is dat Sorsman

nou ernstig moet bid vir verlossing. So huil Sorsie dat hy nie weet wat om te bid

nie.

Sê Oupa Hennerik, "Sorsman, bid agter Pa aan my kind"

Luister oorle pa en oompie Doors en al die Coetzeetjies hoe die twee nou redding

gaan afsmeek.

Oupa: "Onse Vader"

Sorsie: "Onse Vaderrrrrrrr" Druk Sorsie

Oupa; "Wat in die hemel"

Sorsie: "Wat in die heeemellll" Druk Sorsie

So sukkel die twee gelowig aan tot by "Aaamêêêêên" Sorsie sopnat gesweet van

druk en bid.

Oompie Doors sê hy weet nou nog nie of dit gebedsverhoring of plein benoudgeid

was nie, maar hier teen vroemôre toe Oupa vir Ouma sê om vir Sorsie hol-omhoog

vas te hou en hy staan met 'n stuk bloudraad nader wat voor so 'n kromte

gebuig was, toe turksvy Sorsman sommer vanself sulke böe. Sweer oompie

Doors hoog en laag. Het self van daai turksy strepe afgetree. Die korste een was

vier en die langste een veertien treë!!

G'n wonder almal het daarna, tot sy dood toe, van Spuitsors gepraat nie!

En so breek tweede nuwejaar aan. Huistoegaantyd.

Met die min slaap is Oupa so bemoerd soos 'n graatjie wat jy met 'n laphoed

geslaan het. Smyt sommer van die kleingoed tussen die halfgevrete hooibale

agter op die waentjie. Laat val die familiebybel in die sand, maar is nou so

kerkloos bevoeterd dat hy nie eens moeite doen om die Groot Boek af te stof nie.

Gooi dit sommer saam met die oorskiet skuinskoek en mieliemeel in dieselfde

sak.

Nou't moelikheid mos 'n manier om meer moeilikheid te loop en bymekaarmaak

vertel oompie Doors. Spoel Oupa se ongedurigheid oor na die haaragter esel,

Vaaljas. Steeks. Slaan die donkiebloed mos deur soos kleur by Oom Swartwillem

Smit se kindertjies.

Wonder hy waarom die oom nou eintlik Swartwillem genoem was. Dis mos net

die antie wat so effe 'n moerkoffie -met -te -min -melk –in kleur gehad het. En

dan nou die span Smitjies. Nie een van hulle kon middelpaadjie kam nie. Plat

krulhaartjies soos 'n pasgebore karakoellam.

So, borduur oompie Doors voort, wil daai Vaaljas nie 'n dêm stil in die tuie kom

staan nie. Vererg Oupa hom nog verder in 'n halwe stuiptrekking in en klap die

stomme muil met die plathand teen die kop.

Oupa Hennerik het hoeka twee hanne soos wangrawe gehad. Vingers soos trosse

piesangs. Vou daai klap amper driekeer om die stomme esel se kop.

Oompie Doors vertel dat daai slag drie keer harder was as daai keer toe oorle

oom Blinnewillem Brits met sy model T teen die trein vasgery het op die

levelcrossing tussen Nuwerus en Bitterfontein. Enigste verskil is net oom

Blinnewillem het nooit kans gehad om weer op te staan en die skade te meet nie.

Saam met sy Fordjie moerlandspan toe. Antie het oorleef. Kon daarna nooit weer

praat nie. Seker van die skok. Het net elke keer soos 'n trein gefluit as mens haar

groet. Vertel oom Doors mos.

Vaaljas was gelukkiger. Oompie Doors sê toe daai skoot klap, maak die esel 'n

geluid amper soos 'n meisiekind maak as 'n jongetjie vir die eerste keer hoër as

haar knie vat. So 'n kruising tussen giggel en 'n bedeesde gil. Los hy so 'n lang,

hartseer en verwese eselpoep en sak daar langs die disselboom inmekaar. Soos

'n sak nat ….. Voorpote bymekaar. Amper asof in gebed.

Kos vir Ouma vlugsout met haar voorskootpunte in sy gesperde neusgate opdruk.

Help Karools hom dronk-dronk op sy pote in die tuig in.

"Klim!" skrou Oupa en toe die laaste verskrikte kleintjie se gat vloervat in die

waentjie, toe smeer die ou amper twee melkbekers terpentyn met 'n

kakiesakdoek in die stomme esel se kloof op. Staan daai waentjie op sy

agterwiele soos daai spul inskop daar voor. Vaaljas bulk hees en hol amper booor

die esel voor hom in die tuig. Val vyf uit die kroos van elf van die wa af.

Oompie Doors sê hulle het eers weer die wa kort duskant Lutzville ingehol. Was

dit nie dat esels water moes vat nie, het hulle spannetjie seker nou nog gehol.

Laatnag het Oupa eers weer afgetrek. Kindertjie se eetlus weggeskrik. Esels se

asempies fluit soos 'n klomp stoomenjins in Soutrivier se treinwerf. Laaf Karools

hulle met bietjie water. Snuif-snuif net so aan die voer en loer na Oupa se kant

toe. Lyk amper of hulle koes-koes water drink. Stomme goed.

Stoot toe sommer weer aan. Vertel oorle oompie Doors. Toe hulle laatmiddag die

plaaswerf intrek, haal Oupa die Groot Boek uit. Kèrkmense. Lees Psalm 23. Praat

weer met die Liewen Heer. Sê dankie vir gespaarde lewens, sê dankie vir die

lekker weer by die see, sê dankie vir bewaring teen al wat boos en gifding is, sê

dankie dat Spuitsorsie se kanale na normaal bekeer is, sê dankie dat Vaaljas se

lewe gespaar gebly het, sê dankie dat Vaaljas nie die ander wang ook gedraai het

nie, sê askies oorlat hy hom so hard geklap het, dra weer die regering en die hele

boksemdaais aan die Liewen Heer op en smeek vir 'n lekseltjie reën op hierdie

dorre, droë vlaktes van Klipfontein. Om Sy naamswil en met danksegging.

Toe Oupa sê "Amen" vertel oompie Doors, toe sak die son net mooi agter die

koppies weg.

"Ons kan môre so lank leef afpak. Maak lat julle in die huis kom dat ons kan

boekevat en gaan lê" sê die ou.

André Dippenaar

Vredenburg

5 September 2008

--
André Janse van Rensburg

Mike Lauterbach

unread,
Nov 21, 2008, 2:29:28 AM11/21/08
to overlan...@googlegroups.com
Huh?

Hennie Rautenbach

unread,
Nov 21, 2008, 3:32:51 AM11/21/08
to overlan...@googlegroups.com
It was meant to go to kampvuur. Driver error.

2008/11/21 Mike Lauterbach <zr5...@gmail.com>

Hennie Rautenbach

unread,
Nov 21, 2008, 3:33:25 AM11/21/08
to overlan...@googlegroups.com
Nou moet jy nog net probeer om hom te pos na die regte forum :-(

2008/11/21 Andre Janse van Rensburg <andr...@gmail.com>

NUWEJAAR OP STRANDFONTEIN


Andre Janse van Rensburg

unread,
Nov 21, 2008, 3:36:55 AM11/21/08
to overlan...@googlegroups.com
Sorry to all!!!!
 
Andre (blush...)

Francois Visagie

unread,
Nov 21, 2008, 4:25:57 AM11/21/08
to overlan...@googlegroups.com
Grateful for that, otherwise I'd have missed it. Thanks Ande & Andre!


From: overlan...@googlegroups.com [mailto:overlan...@googlegroups.com] On Behalf Of Hennie Rautenbach
Sent: 21 November 2008 10:33

To: overlan...@googlegroups.com
Subject: [Overland] Re: Strandfontein & Doringbaai
Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages