Winand Grundling

34 views
Skip to first unread message

Johan D. Strydom

unread,
Nov 6, 2008, 4:31:57 PM11/6/08
to orr...@googlegroups.com

Winand Grundling – Finale Jaar Eksamineringskonsert

NG Kerk, Somerstrand

 

Ek was vanaand in die bevoorregte posisie om die eksamineringskonsert van Winand Grundling in die NG Gemeente, Somerstrand, te kon bywoon.  Winand het 90% behaal vir hierdie konsert.

 

Sy program het bestaan uit Buxtehude se Magnificat Primi Toni, Bach se Toccata, Adagio en Fuga in C majeur (BWV 564), die Fantasia in f mineur (K. 608) van Mozart, die Allegro Vivace uit die Symphonie No.5 in f mineur van Widor, en die program is afgesluit met Marcel Dupré se Variations sur un noel (Opus 20).

 

Winand se spel was verbluffend, en alhoewel hy sommige van die werke vinnig aangepak het, kon sy ongelooflike tegniek daarvoor kompenseer.

 

Die Buxtehude het getuig van ’n diepliggende kennis van die Stylus Phantasticus, terwyl daar aandag aan elke nuanse in die Bach geskenk is.  Die Adagio, met knap registrasie op die veelsydige instrument in die Somerstrand-kerk, was diep ontroerend.

 

Vir die eksaminatore was die Mozart die aand se hoogtepunt, ’n registrasie-blaps ten spyt.  Professor Troskie het na afloop van die konsert genoem dat die slotdeel van hierdie monumentale werk die luisteraar bykans kan bang maak, en met reg.  Winand het daarin geslaag om die grootsheid van die werk duidelik deur sy spel te interpreteer, asook, weereens, deur vernuftige registrasie.

 

Persoonlik was die Widor vir my die aand se hoogtepunt, en kon ek in ’n lang tyd met aandag na die werk luister.  Ek het al verskeie orreliste gehoor wat hierdie werk aangepak het, maar dit nie suksesvol kon oorbring na die toehoorder nie.  Winand was deeglik bewus van die harmoniese spanning in die werk asook die ingewikkelde ritmes, en het maklik daarin geslaag om die gehoor op die punte van hulle stoele te laat sit die hierdie werk met sy formidabele tegniek.

 

Die program is afgesluit met Dupré se bekende Variations sur un noel.  Die programnotas merk tereg op dat die orrelis bykans al sy én die instrument se vermoëns in minder as 15 minute kan ten toon stel, en dit was beslis die geval met sy uitvoering van hierdie werk.

 

Ongetwyfeld ’n program wat ek vir lank sal onthou, en ’n begaafde orrelis wie se loopbaan ek verder met belangstelling sal dophou.

 

Winand sit volgende jaar sy studies voort aan die Universiteit van Stellenbosch onder Mario Nell.

 

 

Johan D. Strydom

Posbus 1299

6330 JEFFREYSBAAI

 

jdst...@telkomsa.net // 082 564 7655

 

Danie van der Walt

unread,
Nov 17, 2008, 9:15:37 AM11/17/08
to orr...@googlegroups.com, Ben Fourie

On Behalf Of Ben Fourie
Sent: Monday, November 17, 2008 3:50 PM
To: Geref Groep
Subject: [Gerefkerke] Kerkorrel te koop?

 

Kan iemand my op die spoor bring van 'n kerkorrel? Ons s'n is op pad uit
....

Ben Fourie  d...@kameeldrift.co.za

 

Cobus Pienaar

unread,
Nov 28, 2008, 5:41:09 AM11/28/08
to orr...@googlegroups.com
Goeie dag,
 
Ons kerk het 'n tyd gelede die stel CDs aangekoop van die Liedboek van die Kerk en toe ook die tweede stel wat uitgegee is,  vir gebruik wanneer 'n orrellis nie beskikbaar is nie.        Die handleiding van die  tweede stel het verlore geraak.    Is daar miskien iemand wat die handleiding vir my kan E-pos of miskien vir my kan laat weet waar die  DCs aangekoop kan word.     Die adres is nie meer bekend nie.
 
Baie dankie,
 
Cobus Pienaar.

Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 3593 (20081107) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com

Wim Viljoen

unread,
Nov 28, 2008, 5:53:48 AM11/28/08
to orr...@googlegroups.com
niel Barnard het dit opgeneem. Kontak hom via Prof Daleen Kruger by daleen...@nwu.ac.za
Groete
Wim viljoen

>>> "Cobus Pienaar" <cobusp...@webmail.co.za> 2008/11/28 12:41 PM >>>

Cobus Pienaar

unread,
Nov 28, 2008, 8:28:52 AM11/28/08
to orr...@googlegroups.com
Baie dankie Wim.

Fanus

unread,
Dec 5, 2008, 8:30:42 AM12/5/08
to Orrelis
Kontak Jan Zielman in Pretoria (Silvertondale) - 0128043031 - ek dink
dit is die regte nr - hy gebruik nou die perseel wat vroer duer SAOB
gebruik was.

Laat weet of julle regkom

Groete
Fanus Minnaar

On Nov 17, 4:15 pm, Danie van der Walt <danie.van.der.w...@epiuse.com>
wrote:
Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages