Indien julle vir my kan help met nuusbrokkies oor julle orrel- en koorbedrywighede daarin julle gemeentes of daar waar julle lekker aan die studeer is sal ek vreeslik bly wees. Die uwe is hulpredakteur van die Suid-Afrikaanse Kerkorrelistevereniging se nuusbrief en verantwoordelik vir nuusbrokkies. Hoe lyk dit: kan julle help. Enige-iets oor konserte, musiekfeeste, musiekdienste, orreleksamens, konsertreise, orrelinwydings, oorsese studies sal welkom wees. Stuur dit vir my asb na cenaca...@absamail.co.za of sommer na ons googlegroups. Per slakkepos sal dit ook Posbus 164, JEFFREYSBAAI 6330 bereik. As ek die inligting van julle kan kry so teen 19 Oktober, sal ek vreeslik bly wees.
Groetnis
Christiaan Carstens
-----Original Message-----
From: "Johan D. Strydom" <jdst...@telkomsa.net>
To: <orr...@googlegroups.com>
Date: Sat, 21 Jul 2007 11:30:08 +0200
Subject: [Orrelis] Orrelkonsert
Orrelvriende,
Hiermee inligting oor 'n orrelkonsert op 3 Augustus in die Presbeteriaanse
Kerk in Centurion (Alettastraat):
ORGAN CONCERT IN THE CHAPEL. Part of our festivities around the opening of
our new chapel is a concert by Gerrit Jordaan, an excellent performing
artist and an acknowledged concert organist, on Friday night 3 August 2007
at 19:00. As only 180 tickets will be available, please book at your
earliest convenience. Tickets will be sold at R30 per adult and R10 per
school going child or youth.
Gerrit only chose easy to listen to, classic organ favourites for his
program.
We are blessed with a truly special instrument. This classic organ, a
Content, is equipped with the very latest and advanced technology for the
reproduction of the most astounding organ sound possible and is well worth
listening to, especially when played by Gerrit Jordaan, performing artist
and organ student that will soon receive his doctorate in organ music.
It is going to be an evening to remember for a very long time.
Please support this initiative. You may book by emailing
and...@centurionwest.co.za or phone 012-656 7750.
See you at the concert!
ORRELKONSERT IN DIE KAPEL. As 'n deel van ons feesvieringe rondom die
ingebruikneming van ons nuwe kapél, bied ons 'n uitvoering aan deur 'n
uitstaande en erkende konsert-orrelis, Gerrit Jordaan. Dit word gehou op
Vrydagaand 3 Augustus 2007 om 19:00. Slegs 180 kaartjies is beskikbaar, dus
moet jy so gou as moontlik bespreek. Kaartjies word verkoop teen R30 vir
volwassenes en R10 vir skoolgaande kinders en tieners.
Gerrit het bekende, klassieke orrelstukke wat maklik is om na te luister,
gekies vir sy program!
Ons is geseën met 'n baie besondere instrument, wat ons nou moet gebruik en
geniet. Hierdie klassieke orrel, 'n Content, is toegerus met die jongste en
mees gevorderde tegnologie om 'n verrassende suiwer orrelklank te kan
reproduseer. Dit is iets baie besonders om na te luister - veral as dit
gespeel word deur 'n konsert-orrelis soos Gerrit Jordaan, 'n uitvoerende
kunstenaar wat binnekort sy doktorsgraad in orrelmusiek gaan ontvang.
DIt gaan 'n aand wees wat ons baie lank sal onthou. Ondersteun asb hierdie
inisiatief!
Bespreek deur 'n epos te stuur aan and...@centurionwest.co.za of skakel
012-656 7750.
Sien jou by die konsert!