Hallo Diederick
Daar is 'n skripsie in ons (Universiteit van Pretoria) se musiekbiblioteek oor die Pretoria Stadsaal-orrel; dit is sover ek weet in die laat sestigs geskryf, en daar is foto's in, waarvan die kwaliteit nou nie meer goed sal wees nie. As iemand daaroor inligting wil hê moet hulle mev Isobel van der Walt kontak van die biblioteek kontak by: isobel.rycroft @
up.ac.za
Wat die (merkwaardige) orrel betref, die tweede grootste in die Suidelike Halfrond (Sydney se Stadsaalorrel is groter), gebou in 1935 deur Kimball van Chicago: die dak lek op die oomblik en die orrel het reeds skade daardeur opgedoen. Eddie Davey is besig om te onderhandel met die stadsraad daaroor, en het die Burgemeester al tot op die orrelbank laat sit! Uiteraard kan niks gedoen word totdat die dak herstel is nie. Die orrel is tot 'n paar jaar gelede deur Charles Hart van The organ Builders onderhou, maar hy het die beroep so 2 jaar gelede verlaat. Fanie van Zyl (van die gewese firma SA Orrelbouers) is tans ad hoc by die orrel betrokke.
Ek hoop die inligting help!
Groete
Wim viljoen