Bachkooruitvoering: Weihnachts-oratorium; Messiah

10 views
Skip to first unread message

Pierre Cronje

unread,
Nov 2, 2010, 7:39:25 AM11/2/10
to orr...@googlegroups.com

J S Bach: Weihnachts Oratorium

G F Handel: Messiah

Sondag 7 November 2010, 15:00

Johanneskirche (Pretoria)

 

Kom luister na van die wêreld se mooiste Kersfeesmusiek.

 

Bach se Kersoratorium bestaan uit ses kantates wat oorspronklik op opeenvolgende dae opgevoer is as deel van die kerkdiens. Elke kantate kan dus op sy eie bene staan, met al die nodige elemente, soos skriflesing, sologedeeltes, korale en kore. Vir hierdie konsert word net die koordele opgevoer, want die koor kan ongelukkig nie tans die hoë koste van ‘n orkes bekostig nie.

 

Handel se Messiah het drie dele. Die eerste deel voorspel die koms van die Verlosser, tot by Jesus se geboorte. Deel twee gaan oor Jesus se lyding en opstanding. Deel drie gaan oor die dood en die laaste oordeel. In hierdie uitvoering word net die koorstukke in die eerste twee dele uitgevoer, d.w.s. tot by die grootse Hallelujah!-koor. Die teks kom uit beide die Ou en Nuwe Testamente van die Koning James vertaling. Handel het die hele werk in 22 dae geskep, so begeesterd was hy, en dit kan ‘n mens hoor!

 

Die Johanneskirche (Pretoria-Oos) met sy voortreflike akoestiek is die perfekte ruimte vir ‘n uitvoering van hierdie aard. Kom ondersteun ons asseblief?

 

Kaartjies is verkrygbaar teen R80 (R60 vir pensioenarisse en studente, en kinders 12 jaar en jonger is gratis) by Adry Stolk (082 214 2593).

Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages