Ek wil graag ‘n teorie by mede-orreliste toets asb?
Agtergrond:
Ek is van mening dat dit nie nodig behoort te wees om ‘n lysie by te hou van alles wat fout is aan die orrel en wat dan by die orrel gelaat word vir die orrelbouer se besoek nie. Beteken ‘n volledige stem nie dat elke toets van elke register nagegaan moet word vir stemming nie, en dat daar in die proses dan ook ander probleme geïentifseer wat onder die aandag van óf die orrelis óf die kerkraad gebring behoort te word nie? Is hulle nie veronderstel om kerkrade te adviseer oor die instandhouding van hulle instrument nie?
Nou my teorie:
Die meeste orrelbouers maak staat op mense se onkunde in orrelbou om 1) met afskeepwerk weg te kom en 2) doelbewus nie proaktief te wees nie. Daarmee bedoel ek dat daar doelbewus gewag word met die herstel van iets in die hoop (of dalk wete) dat dit later ‘n groter probleem sal wees waarvoor meer geld gevra kan word.
Is daar dalk iemand wat my teorie kan staaf óf dalk teenstaan met spesifieke insidente?
Groete
Pierre Cronje
As orrelbouer kan ek sò antwoord:
Ek antwoord tussendeur…
From: orr...@googlegroups.com [mailto:orr...@googlegroups.com] On Behalf Of Pierre Cronje
Sent: 19 October 2010 05:47 PM
To: orr...@googlegroups.com
Subject: [Orrelis] Is orrelbouers skelm?
Ek wil graag ‘n teorie by mede-orreliste toets asb?
Agtergrond:
Ek is van mening dat dit nie nodig behoort te wees om ‘n lysie by te hou van alles wat fout is aan die orrel en wat dan by die orrel gelaat word vir die orrelbouer se besoek nie. Beteken ‘n volledige stem nie dat elke toets van elke register nagegaan moet word vir stemming nie, en dat daar in die proses dan ook ander probleme geïentifseer wat onder die aandag van óf die orrelis óf die kerkraad gebring behoort te word nie? Is hulle nie veronderstel om kerkrade te adviseer oor die instandhouding van hulle instrument nie?
Nie so nie. Onthou – die bouer sien die instrument een keer elke paar maande. Die orrelis sien die instrument elke week. Wanneer die orrelbouer (of meer gereeld sy assistant) deur die note gaan doen hy dit gewoonlik as volg:
Register 1 word aangesit en daar word ‘n toonleer gespeel van onder tot bo. Dan dieselfde met 2, 3, ens. Daar word selde getoets met koppelaars, of deur iets te speel (behalwe aan die einde van die besoek) – dit neem natuurlik aan dat die orrelbouer KAN speel…
‘n “volledige” stem is NIE elke pyp in die orrel nie – tensy die orrel onlangs skoongemaak is, of daar ‘n spesifieke probleem is nie. In meeste gevalle (nie ALLE gevalle nie, hoor) word die meerderheid registers vanaf middle C gestem. Die uitsonderings is die tongwerke en (met uitsondering) miksture. Daar is ‘n paar redes hiervoor:
a) Dis onnodig. Meeste groter pype gaan baie selde uit stemming uit. Om elke pyp elke keer te stem is nie net tydsrowend nie, dis nie in die instrument se beste belang nie (sien hieronder). As jy bv die 2’ Oktaaf vanaf c0 op stem en die pype is in stemming dan is dit nie nodig om CC-B n ate gaan nie – tensy daar ‘n spesifieke fout iewers is, sal hulle in stemming wees.
b) Dis tydsrowend. Onthou die orrelbouer moet soms twee na drie orrels per dag nasien. Sou hy elke pyp van die orrel moes stem sou die kostes van so ‘n stem heelwat hoër wees as wat dit nou is.
c) Hoe minder ‘n mens aan die orrel karring hoe beter. Onthou die stelling “If it ain’t broke, don’t fix it” Ek weet dis ‘n “gevaarlike” stelling so ek sal verduidelik: Wanneer ‘n orrel gestem word skuif jy die verskeie onderdele van die pype rond. Dit “settle” weer na die tyd. Soms is dit merkbaar as die orrelis die orrel nagaan net na die stem en als in orde is, en dan ‘n paar dae daarna is daar weer ‘n paar note uit. Dit is veral by tongwerke opvallend. In die geval waar die tongwerke swak gebou is in die eerste plek kan dit ‘n ERNSTIGE problem wees, selfs gedurende stemwerk self. DUS prober die orrelbouer (veral by tonge) so min as moontlik aan die pype stel. In gevalle waar dinge goed loop stabiliseer die orrel mettertyd baie goed, en na ‘n tyd is dit slegs nodig om hier en daar aan pype te stem. In fact – dit is ‘n kenmerk van goeie stemwerk dat ‘n mens mettertyd baie minder hoef te doen. Elke orrel hoort in so ‘n toestand te verkeer. LW dit is nie in alle gevalle moontlik nie, en waar daar ‘n noot uit stemming is sou enige goeie bouer dit eerder stem as uit stemming laat. ‘n Ander voorbeeld is die toonhoogte e/o temperament. DIt is BAIE selde nodig om die temperament oor te stel mits dit in die eerste plek reg gedoen is. Selfde met die toonhoogte. ‘n Goeie orrelbouer sal natuurlik deur die “scale” gaan net om seker te wees, maar die veranderinge van die seisoene word gewoonlik daar gelaat tensy daar ‘n groot variasie is.
Die stemming boekie is JUIS daar as kommunikasiemiddel tussen bouer en orrelis/kerkraad. Waar daar ‘n ernstige kwessie is sal daar natuurlik per brief of so gesels word.
Nou my teorie:
Die meeste orrelbouers maak staat op mense se onkunde in orrelbou om 1) met afskeepwerk weg te kom en 2) doelbewus nie proaktief te wees nie. Daarmee bedoel ek dat daar doelbewus gewag word met die herstel van iets in die hoop (of dalk wete) dat dit later ‘n groter probleem sal wees waarvoor meer geld gevra kan word.
Hiermee sou ek nie saamstem nie:
1. Dit is SONDER UITSONDERING in almal (en veral die orrelbouer) se belang om ‘n problem te herstel VOOR dit ‘n grote word. Dink hieraan – sou ‘n klein probleem opduik neem dit dalk (sê maar) ‘n dag om te herstel, indien dit nagelaat word neem dit ‘n week. Dit is ‘n week waar al die bouer se ander werk stilstaan. En glo vir my as ek sê daar is nooit groot geld te maak in hierdie tipe werk (of die meeste orrelbou) nie. In meeste gevalle sal ‘n mens op verdere ondersoek sien dat daar heelwat moeite gedoen is om die kostes sover moontlik te beperk.
2. Met uitsondering na, is die meeste orrelbouers eerlike mense wat ter alle tye hul kliente se belange op die hart dra.
3. Indie ‘n orrelis “onkundig” is oor sy instrument is dit niemand se skuld behalwe sy eie nie. Van alle musikante is orreliste deesdae die mees oningelig oor hul instrument. In die verlede het orrelbouers baie minder gereeld na instrumente omgesien as deesdae. In die interim het orreliste SELF tongwerke gestem, huilers (soms tydelik) herstel e.d.m. Daar is meer as genoeg literatuur oor die instrument beskikbaar en meeste orrelbouers is maar te bereid om orreliste in te lig. Dus is daar geen verskoning vir hierdie ene nie.
Is daar dalk iemand wat my teorie kan staaf óf dalk teenstaan met spesifieke insidente?
Twee voorbeelde:
1. Die St George’s Katedraal in Kaapstad word elke maand gestem. Daar word egter nooit aan die HELE orrel gestem nie. Elke maand word die tongwerke en een afdeling gedoen. Dit beteken die orrel is altyd in stemming, en dit neem selde meer as ‘n driekwart dag om als te doen. Sou mens die hele ding moes doen sou dit dae neem. Dieselfde geld vir meeste groter orrels. ‘n “major” een keer ‘n jaar en “minors” tussenin waartydens slegs die tonge en enkele ander registers gedoen word.
2. Die gemeente waar ek speel (NGK Johannesburg) het ‘n P/III met 2400+ pype. In die winter is die toonhoogte 435Hz, en in die somer is dit 440. Aangesien meeste van die kleiner pype per kegel gestem word, los ons die orrel dat hy natuurlik fluktueer tussen hierdie twee toonhoogtes. Die pype sou dit nooit oorleef as hulle elke ses maande met soveel moes gestem word nie.
Groete
David Smit
Groete
Pierre Cronje
--
Jy ontvang hierdie boodskap omdat jy ingeskryf is vir die Google-groep "Orrelis".
Om boodskappe aan die groep te stuur, stuur 'n e-pos aan orr...@googlegroups.com
Om nie verder e-pos van hierdie groep te ontvang nie, stuur 'n e-pos aan orrelis-u...@googlegroups.com
Vir meer opsies, besoek die groep se blad by http://groups.google.co.za/group/orrelis?hl=en