Naand,
Baie dankie vir hierdie fotos! Die orrel was een van die in my versameling
wat onbekend was.
Vir die wat nie weet nie staan my databasis van SA orrels tans op 1984
rekords, 225 tekeninge, en 1050 fotos of ander afbeeldinge. By Naslaan kan
ek die volgende oor die orrel byvoeg:
Dit is 'n Dekker uit die laat 1920s of vroeë 1930, oorspronklik P/II 14
30/61 (Die Ped Basfluit en Fluit is byvoegings). Daar is 5 oorspronklike
tekeninge van Dekker bestaande (Front (façade), Front (binne), Plan (orrel
en gallery), Plan (orrel), en Elevation (binne)). Ek sluit 'n vroeë foto in.
Verdere besonderhede:
Handgeblaas
3 Komposisie Pedale vir Gt/Ped, Sw/Ped
Speeltafel losstaande
Kas "fumed" oak
Verder is die orrel oorspronklik. Noemenswaardig is dat dv:
Gt
Open Diapason 8
Principal 4
Sw
Open Diapason 8
Octave Diapason 4
Closed Horn 8
deur Palmer (die Engelse bedryfspypmakers), en nie Dekker self nie gemaak
is. Dit blyk algemene praktyk te gewees het (St George's Parktown (Dekker
P/II 10 1929) is nog so 'n geval).
Ek sal die tekeninge mettertyd inskandeer een e-pos indien daar belang
daarna is.
Enige navrae oor hierdie (of ander) orrel(s) sal met vreugde beantwoord word
en beskikbare inligting wedersyds uitgeril word.
Groete
David Smit
Internal Virus Database is out-of-date.
Checked by AVG.
Version: 7.5.560 / Virus Database: 269.6.1/776 - Release Date: 4/25/2007
12:19
Internal Virus Database is out-of-date.
Checked by AVG.
Version: 7.5.560 / Virus Database: 269.6.1/776 - Release Date: 4/25/2007
12:19