Môre Johan, almal,
Dankie vir die moeite met die
gemorspos:-)
Kerssangdiens?! Julle is te voorbeeldig! Ek "sukkel" nog
met Oktober se musiekprogram! Die begrywighede in Jhb kan egter van belang vir
lede wees so ek sal effe uitbrei:
LB Liedboek
HAL Hallelujah
SUSA Spiritualist Union
SG Sionsgesange
SOF Songs of Fellowship
WP World Praise
ANS Ancient & Modern
Sedert Julie verlede jaar "locum" ek vir ons gemeente (NG
Johannesburg "Irene" gemeente) se amptelike orrelis wat moes verhuis
Vanderbijlpark toe. Wat begin het as 'n drie-maand aflos is nou al in sy tweede
jaar. Di was egter 'n absolute seën. Vir die wat onbekend is met ons
bediening - Die liturgie word in Engels en Afrikaans bedien, met enkele
toevoegings in Zoeloe, Frans ens.. Ons gebruik die pyporrel amper eksklusief,
met toevoeging van die digitale klavier en by geleentheid die Trompet. Andies
(die voltydse orrelis) speel tans elke tweede week saam met my en so een keer 'n
maand kry ons Jevon ('n uiters begaafde Trompetspeler) ook in. Dit is 'n
absolute vreugde om op dié manier musiek te maak! Die verskeie gesange se
diskante, verwerkings (LB602, LB384, LB 475/ANS192 edm) word met mening
ingespan.
Soos baie van julle seker weet is ons gemeente ontsettend
kultureel divers, met lidmate grootliks uit die kleurling gemeenskap en van
sover as die Kongo, Zambië en Ghana. Dit noodsaak ook dan dat ons
musiekbediening ver buite die "beperkings" van die Liedboek moet strek. Ons het
op 'n stadium uit die SOF, English Hymnal, VONK en VLAM, en heelwat ander
bronne gewerk. Dit kan natuurlik 'n nagmerrie op die speel- en musiektafels laat
ontaard...
Met dié het ek toe besluit om 'n enkele "uitbreiding" van
die LB te begin maak met 98 nommers (dus 603-700) en het begin om deur
al die bronne te sif. Hul het oor sewe van die mees algemene sangbundels
gestrek. Eers was dit maklik - en 'n vloed materiaal was beskikbaar. Toe begin
ek dit kruisverwys ('n nagmerrie!) teen die melodieë en hul titels wat reeds in
die LB (en die SOF) verskyn - daar het slegs sowat 45 NUWE wysies oorgebly -
waarlik 'n kompliment vir die kwaliteit van die LB samestellers se werk. Daar is
egter die probleem dat sekere wysies "misplaas" is - maw 'n wysies wat by regte
'n advent of kersfees melodie is as 'n paastyd of lofsang toegedien is met bv
LB 201 (wat 'n kersfees wysie is). In sulke gevalle los ons dus die NOMMER soos gedruk en
wysig bloot die verse/taal van die woorde (die gemeente sing vanaf die
truprojektor). In meeste gevalle sou die gemeente dan twee verse in Engels,
twee in Afrikaans ens. sing.
Die oorweegende kriteria vir seleksie was - bekendheid,
SINGBAARHEID, en moelikheid.
Wat regtig 'n goudmyn van materiaal was, is die ou
Hallelujah! bundel - baie van die wysies kom in meeste (indien nie al) die
ander voor en is in meeste gevalle baie goed geharmoniseer. Daar is natuurlik
die "ou gunstelinge" (HAL231, HAL143, HAL336 ens) wat groot guns geniet onder
die gemeente.
In die geval van bv die Onse Vader sing nou vier
weergawes - die van Emerson (LB 266/HAL516), Lees (SUSA93), Luther(LB
267/HAL518) en Sontonga (SG410, gewysig/WP 112). Dié van Lees
is noemenswaardig bekend aan die ouer kleurling lidmate, maar amper nêrens
plaaslik gepubliseer nie. Verskeie wysies is nou al so bekend aan die gemeente
dat hul dit sonder die woorde kan sing, en dit word by geleentheid gebruik
waar die stemming in die erediens dit spontaan aanvra bv tydens die
kollekte waar ons dit bloot begin speel, en die lidmate sommer inval
of anders net stil mediteer. Dit skep 'n uiters "spirituele" stemming vir
gebrek aan 'n beter verduideliking. Gister oggend het ons tydens die kollekte LB
308 geneem - daar is geen teks geprojekteer nie. Toe ons weer hoor toe sing
die gemeente saam! Sonder aarseling het Andries to die woorde opgeflits en
siedaar!
Die magdom juwele onder ons eie Suid Afrikaanse,
Afrikaanse, en "Afrika-se" musiek moet ook nie agterweë gelaat word nie -
Siyahamba! (We are marching in the light of God WP135), Nkosi Sikelel',
(WP112) ea is uiters geskikte voorbeelde.
Daar is egter een leemte - daar is min (of partykeer geen)
variasies, koraalvoorspele, inleidings ens vir sekere melodieë te vinde nie.
Dinge is aan die verander - jong(er) komponiste soos Ockie Vermeulen, Gerrit
Jordaan, Daleen Kruger, Theo de Villiers en dan natuurlik Chris Lamprecht, Wim
Viljoen, edm bied baie waardevolle materiaal wat egter by tye moeilik bekombaar
is.
Dus wat in die middestad aan't gebeur
is
Beste
David Smit