Bloemfontein

4 views
Skip to first unread message

Johan D. Strydom

unread,
Sep 12, 2007, 2:06:02 AM9/12/07
to orr...@googlegroups.com

Goeiedag almal,

Die meegaande artikel verskyn vandag in Die Volksblad.  Sterkte vir die week wat voorlê.

Groete

Johan

 

Vroeë musiek in katedraal
Sep 11 2007 07:53:19:983PM  - (SA)  
Elretha Britz

DIE tweede konsert van vroeë musiek sedert die samewerking tussen die musiekdepartement van die Universiteit van die Vrystaat en die Anglikaanse katedraal in Bloemfontein, word Saterdag om 19:30 in dié katedraal aangebied.

Duitse Barokmusiek wat die meesters Bach, Handel en Telemann in Köthen, Londen en Parys gekomponeer het, word uitgevoer.

Sover moontlik sal die outentieke uitvoeringspraktyk gevolg word al is net een van die spelers, Hans Huyssen, se instrument outentiek.

Hans sal die Prelude, Allemande en Gigue uit Bach se Suite nr. 1 in G majeur vir onbegeleide tjello speel.

Die sopraan Matildie Thom kan gehoor word met verskeie arias uit Handel se Neun Deutsche Arien, en Marianne Cilliers speel die Fuga uit Bach se Sonate nr. 3 in C majeur vir onbegeleide viool.

Die ensemble, wat Ada Potgieter op fluit insluit, span saam vir Telemann se Kwartet in B mineur uit Six Nouveaux Quartors en Six Suites.

Die orrelis Jan Beukes tree ook op. Kry kaartjies by die deure.

 

 

 

 

 

 

 

 

Christiaan Carstens

unread,
Sep 13, 2007, 3:10:37 AM9/13/07
to orr...@googlegroups.com
Hallo Johan

Het jy dalk 'n kontakadres daarin Bloemfontein wat ek kan skakel? Dalk Jan Beukes?

Terloops, ek het nog nie kans gehad om die pakkie vir jou op te maak nie, maar sal teen hierdie naweek gaan sit en dit doen. Daar is ook ander pos wat ek moet weg kry en sal sommer alles so op een slag doen.

Groete

Cassie

Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages