David Smit
unread,Jan 30, 2008, 5:06:09 AM1/30/08Sign in to reply to author
Sign in to forward
You do not have permission to delete messages in this group
Either email addresses are anonymous for this group or you need the view member email addresses permission to view the original message
to ian moss, jdst...@vodamail.co.za, saor...@telkomsa.net, orr...@googlegroups.com
Dagse almal,
Daar is heelwat verwarring in die bronne t.o.v watter gemeente ter sprake is omdat beide die "Grote kerk" en die "Nuwe kerk" as NGK Graaff Reinet genoem word. Ek het gaan naslaan, en die volgende uitgevind:
Die NGK Graaff Reinet "Grote kerk" se orrel is 'n Conacher (of dalk Grey & Davison) wat dateer uit c1892, en in 1950 deur R Muller oorgebou is na 'n P/III 27. Soos vermoed is die orrel in die NGK Graaf Reinet "Nuwe kerk" waarskynlik 'n 1927 Dekker ingebou deur Cooper, Gill & Tomkins (CGT). Die eerste Moller orrel het eers in die 1930s na SA gekom, en meeste (en waarskynlik elke) Dekker is na SA via CGT in die laat 1920s. Die gemeente is in 1927 gestig, dus is die jaartal ongeveer reg. Die twee 8' Prestante op die HW is 'n byna sekere aanduiding dat die orrelbouer en/of instaleerders engelse herkoms het, aangesien dit slegs in daardie tradisie voorkom. In die geval van die Dekker/CGT verhouding het ek al in verskeie ander gevalle gemerk dat 'n groot gedeelte van die orrel ter sprake van Dekker kom, maar dat die 8' prestant(e) en enkele ander stemme, asook die tongwerk(e) vanaf engelse verskaffers laat kom is en dan deur CGT saamgevoeg is by installasie. 'n Inspeksie van die pypwek self is gewoonlik voldoende om dit te bevestig.
Dus by wyse van eliminasie kan die bg as grootendeels korrek aanvaar word.
Hoop dit is van hulp. Ek sal in die week hierdie inligting op die webwerf plaas (
www.saorgans.ws)
Groete
David Smit
2008/1/28 ian moss <
ian....@yahoo.com>:
Hi,
Ek het nou net uitgevind die orrel is in 1926 ge-installeer!!!!
Groete
I
Hoop die inligting help.