Hallo Orrelis lesers,
Ek't sopas van die vrystelling van Ockie Vermeulen (
www.ockievermeulen.com) se nuutste CD "Arena" af teruggekeer. Vir die van julle wat nie weet nie: Ockie het sy opleiding eerste onder prof. Wim by Tukkies gehad, en toe later, as Fulbright Scholar, sy Master of Music (Organ Performance) onder dr. Jesse Eschbach by die universiteit van Noord Texas behaal.
Wat 'n fees! Die CD self is nie "tradisioneel" nie, maar dit is regtig iets vir die oor. Hy span kragte saam met, onder andere, Charl du Plessis, Christa Steyn, Wessel van Wyk, Lizelle le Roux, Teresa de Wit, e.d.m. om 'n uitstekende produk onder Salon Music se etiket te produseer.
Die aand he afgeskop met Ockie, Charl en Lizelle wat 'n paar stukke van die CD (asook ene van "Highland Cathedral") opgevoer het - als tot die hoogste standaarde. Daar is regtig iets vir elke bui op hierdie CD - vir diegene wat van koormusiek hou is die verwerkings van Somerkersfees en U is God alleen 'n "moet-luister".
Vir my was die ongelooflike slim verwerking (deur Charl du Plessis) van "Whiter shade of pale" die hoogtepunt, maar kort op dié se hakke is die Fantaisie deur Clifford Demarest (Wessel van Wyk hier op die klavier) en die BWV565 verwerking deur Christa Steyn.
Beste
David Smit