Ek weer aan die anderkant, eet ontbyt, afhangende op watter diet ek is, wat dit sal wees. Vir die res van die dag probeer ek ook by die diet bly en dan natuurlik aandete is die ramp!!! Wat is lekkerder as slap chips met baie sout, so lekker gebraaide vark tjoppie, so nou en dan so heerlike sop met natuurlik VLEIS in?????
Weigh Less, Bearly There (amper soos Weight Watchers), Britian Heart Institute, Heuning en Kaneel, Atkins, Oranje Apteek, enige kits ene wat sommer so in die tydskrifte is, weer Weigh Less probeer, Calorie Controlled Diet, ens. Huidiglik probeer ek USN sin.
Foute met die dite: Weigh Less: Ons is nie groente mense nie, vleis ja, so wat eet ek, ek leef op Cup a Soup want dit tel darem as groente, geen proteine deur die dag want anders kan ek nie vanaand vleis eet nie
Bearly There: Ek sukkel om tred te hou met die punte storie. Eet so min as moontlik deur die dag want vanaand tel die tjoppie baie punte, so ek is eintlik vrek honger deur die dag. Hoekom tel al die lekker goed so BAIE punte??
Calorie Controlled: Dit maak vir my sin om kaloriee te tel. Want dit wat in, moet tog uit. Ek het begin kyk na wat ek eet en hoeveel ek dan oefen, ek eet eintlik te min kaloriee. Beteken dit dan dat ek nie gaan gewig verloor nie of net baie stadiger??????
Nou s mense: Dit is maklik, eet net reg! WAT OP AARDE BETEKEN EET REG??? Wat vir jou werk is nie te s gaan vir my ok werk nie!!! Ek hou nie noodwendig daarvan nie (groente en min vleis), so moet ek vir die res van my lewe karton eet omdat dit kwansuis gesond is en jou maer maak??
Ek was ook al op al wat `n dieet is en niks het gewerk nie. Ekhet nou onlangs Die dieet waarvan almal praat probeer en ek het gewig verloor. Dit is `n 10 weke dieet en ek wil nou weer op hom gaan. Dit kos ook `n paar rand, maar vir my was dit die moeite werd.
hey ek is 17 jaar oud en weeg 87 kg ek is nogal kort so ek is plein weg vet ek gan oor n paar dae terug suid afrika toe en weet nie hoe ek die mense in die oe gan kyk nie e k voel of ek net by die huis kan sit en my afsleit van enige iemand af asb iemand help!!!!!!!!!!!??????????????
asb
Ek is 58 jaar oud. Wil graag so 18 kilogram verloor.
Ek wil net weet hoeveel kalori mag ek per dag eet.
Ek eet muesli en yogard vir ontbyt, cracker bread met maaskaas vir middag ete. Saans is dit vis of hoender met baie groente. Is ek op die regte pad????????
Na my 4de kind wat n totale glips was kry ek nog steeds nie die baba vet na n jaar af nie, ek noem dit baba vet dan voel ek beter. Ek gaan nou op Oranje Apteek se dieet, sal jul oor n week laat weet hoe gaan dit
c80f0f1006