Die kritiek en gevolglike optrede van jong Afrikaners was juis gemik teen:
a. Die verskaffing van voorbehoedmiddels op die
monumentterrein.
b. Die afneem van halfnaak modelle op die sarkofaag
c. Die aanwend van volksvreemde kunstenaars by
volksherdenkingsgeleenthede.
d. Daar was ook ander vreemde optredes – selfs by die
Bloedriviermonument.
Generaal Opperman moet besef dat hy nie eienaar is van die Monument nie,
maar bloot tydelike bestuurder. Die Monument is volksbesit en hy behoort dit
namens die volk reg te bestuur. Hy kan homself nie probeer verskans agter ‘n
art. 21 maatskappy nie. Die maatskappy is net die administratiewe beheerders
namens die Afrikanervolk.
Die uitvlugte van generaal Opperman na die polisie en regsverteenwoordigers
herinner aan die optrede van generaal Jan Smuts toe hy ook van sy volk
vervreemd geraak het. Die indruk wat Opperman by die ANC probeer skep dat
Afrikaners sy “politieke korrekte” aktiwiteite ondersteun, is misleidend en
daardeur vervreem hy hom van die kultuurvaste Afrikaner.
Uitgereik deur die Bestuur van die Afrikanerfront.
Rudolf Buitendach Prof. Hendrik van der Wateren