Mediaverklaring
26 Julie 2011
Mnr. Willem
Pretorius, ‘n Assistentredakteur by Die Burger, laat die suggestie in ‘n
artikel onder die opskrif “Van boomdief, Moneypenny tot Oslo”, dat die
Verkennersbeweging van Suid-Afrika, verantwoordelik is vir ‘n boom wat
iewers in die Kaap gesteel is. Blykbaar is die boom geplant ter “ere”
van Mandela se lewe. Die Verkennersbeweging stel dit kategories dat die
Beweging niks te doen het met die vermiste boom nie en ag Pretorius se
belaglike suggestie as ‘n kwaadwillige poging tot naamskending.
Die
Verkennersbeweging is van mening dat, gegewe die realiteite van
Suid-Afrika, die boom heel moontlik iewers in Khayelitsha gebruik is as
vuurmaakhout. Indien dit wel so is, sou dit gepas wees - gegewe die feit
dat die boom ter “ere” van Mandela se lewe geplant is. Mandela se
bydrae om Suid-Afrika in ‘n kleptokrasie te verander, kan immers nie
gering geskat word nie.
Pretorius se vreemde omgang met die
waarheid is egter nie net beperk tot sy vermiste (heilige?) boom nie.
Vervolgens verklaar hy dat die ses persone wat aan ‘n protes deelgeneem
het teen die onreg wat teen Clive Derby Lewis gepleeg word en wat
daarvan verdink word dat hulle plakkers in Mandela rylaan geplak het,
almal lede van die Verkennersbeweging van Suid-Afrika is. Dit is egter
‘n bekende feit dat hierdie protes gepleeg is deur die “Vriende van
Clive” en dat al die persone beslis nie lede van die Verkennersbeweging
is nie.
Pretorius se Afrikanerhaat word ook duidelik wanneer hy
na die Abel Malan/Anton van Niekerk-insident verwys as “die lafhartige
aanval op prof. Anton van Niekerk”. Oor Van Niekerk se lafhartige aanval
op die Afrikaner en elke seun van Suid-Afrika wat bloed vergiet het in
die Bosoorlog, swyg Pretorius. Dit verbaas ook nie, aangesien dit blyk
dat Pretorius nie sal toelaat dat feite inmeng met ‘n “goeie” storie
nie. Veral as die storie goeie propaganda-waarde het.
Pretorius
se grootste belaglikheid is egter sy “kopsprong” in die artikel na
Anders Behring Breivik van Noorweë in ‘n desperate, absurde poging om
die Verkennersbeweging van Suid-Afrika aan die bloedbad in Noorweë te
koppel.
Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika veroordeel die
terroristiese optrede van Anders Behring Breivik ten sterkste, net soos
wat die Beweging alle terroristiese optrede veroordeel, insluitende die
bomme en brandende motorbande om weerlose Swartes se nekke waarmee
Nelson Mandela en sy ANC-kaders onskuldige mense vermoor het.
Die
Verkennersbeweging steun ‘n vreedsame politieke oplossing en daarom
steun ons die Volksraad Verkiesing Kommissie (VVK) se verkiesing wat in
September 2011 sal plaasvind. In hierdie verkiesing sal daardie deel van
ons Boere-Afrikanervolk wat onafhanklikheid wil hê, ‘n Volksraad
verkies wat daardie internasionale reg op selfbeskikking namens ons gaan
opeis.
Die Verkennersbeweging het volle begrip daarvoor as
Pretorius en sy geesgenote eerder in hulle “Nuwe Suid-Afrika” paradys
wil aanbly. Maar die res van ons het ons eie staatkundige pad begin loop
– voortgedryf deur ons eeue-oue vryheidsdrang; voortgedryf deur die
Goddelose modder waarin sekere wit Afrikaanssprekende varke so heerlik
rondrol; voortgedryf deur honger kindertjies met ouers wat werkloos of
as dagloners weens “affirmative action” spartel om liggaam en siel
aanmekaar te probeer hou; voortgedryf deur die gille van ons gemartelde
bejaardes en verkragte volksmoeders en –dogtertjies. En soos ons nie in
Pretorius en sy geesgenote se pad staan nie, beter hulle ook nie in ons
pad probeer staan nie. Die boodskap wat ons aan hulle uitstuur is: Los
ons uit. En hierdie boodskap moet hulle liewer nie ignoreer nie.
Ben Geldenhuys
President
Verkennersbeweging van Suid-Afrika