
Wat is Bravoland?'n Kuberstaat vir die Bloedrivier
Geloftevolk! Bravoland het tot stand gekom, grensloos, onafhanklik, uit
die versugting van die Afrikaner/ Boerevolk na vryheid!
Elke lid
van die Bloedrivier Geloftevolk en ALMAL wat hulself met die stryd van
die Bloedrivier Geloftevolk vereenselwig is welkom in Bravoland. U word
vriendelik uitgenooi om deel te word van die snelgroeiende kuberstaat.
Bravoland
is uit die volk vir die volk... en moet (in spesifiek die forum) gesien
word as 'n verhoog. 'n Verhoog waar u as burger kan opstaan, u kennis
en ondervinding kan aanbied in die toepaslike "departement", hetsy dit
onderwys, energiesake, veiligheid, finansies, ensovoorts is.
Bravoland
het geen politieke affiliasie nie, maar deur die samewerking van alle
burgers (van alle Afrikaner/Boere-organisasies en/of partye, moet
Bravoland gesien word as u spreekbuis – waar u u vrese kan openbaar, u
vrae en kwellinge kan verwoord, u siening mag uitlig en in die proses
ook deur kundige kennis gehelp en/of gelei kan word.
Daarom dat
Bravoland geskoei is vanuit 'n volkstaatkonsep. Die doel van die
"kuber-volkstaat" is dan ook om u as burger aan te hoor.
Feite is
dat die Afrikaner-kultuur, -geloof, taal en geskiedenis vandag onder
ontsaglike druk is en dat dit stadig besig is om verlore te gaan. Hier
in Bravoland sal daar pogings aangewend word om, deur kundige leiding en
bestuur, juis ook hierdie kwessies aan te spreek en dan ook met
daadwerklike optredes te poog om dit te implementeer.
Word deel van Bravoland. Kom deel u kennis en ervaring en help om ons volk weer op te bou.
Word nou deel van die toekoms,
sluit aan by Bravoland by
http://www.bravoland.co.za/forum