Volksvergadering te Orania D.V. 28-30 Oktober 2011

3 views
Skip to first unread message

Sanderis Maartens

unread,
Aug 20, 2011, 1:15:24 PM8/20/11
to onsstem-va...@googlegroups.com, onsstem-va...@yahoogroups.com
From: Geloftevolk Köordinerings Komitee <vrko...@gmail.com>
Date: 2011/8/20
Subject: Volksvergadering te Orania D.V. 28-30 Oktober 2011
To:


Die Geloftevolk Koördineringskomitee nooi u hiermee uit om die beoogde Volksvergadering by te woon ten einde te ywer vir die soewereiniteit van u Volk op grond van ons Geloftes met ons Hemelse Vader, met mekaar en met ons nageslag.

Hierdie Volksvergadering word belê in opvolging van Volksvergadering 2009 te Vegkop en Volksvergadering 2010 te Bothaville – Nampo Park.

Ingevolge besluite geneem tydens die vorige Volksvergaderings, waarop o.a. besluit is dat (a) Die Geloftevolk se vrywordingsproses geskoei moet wees op die nakoming van die Volksgeloftes, dat (b) dit Skrifgefundeerd moet wees, en dat (c) dit ‘n Teokratiese Staatsbestel vereis; rapporteer ons as volg:

1. Dat die hersiene en uitgebreide verslag oor die Teokratiese Grondwet ter tafel gelê sal word vir kennisname en verdere oorweging.

2. Dat die ondersoek na die outentieke bewoording van die 1838 Gelofte aan u bekend gemaak sal word, en dat die vergadering dan op verdere optrede in hierdie verband moet besluit.

3. Dat die ondersoek na die teenwoordigheid en invloed van geheime organisasies op ons Volkslewe, en die teenwoordigheid van okultiese simboliek binne ons Volksmonumente, onder bespreking gaan kom ten einde ‘n standpunt daaroor in te neem.

4. Dat die Volk se betrokkenheid- en wyse van verootmoediging opnuut onder die loep geneem sal word.

GKK Kennisgewing VV2011.pdf
Verblyf in Orania en omliggende dorpe.pdf
Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages