Vir die laaste 17 jaar staan die Boere-Afrikaner volk onder vreemde
heerskappy. Die regering van die dag se beleidstukke, grondwet en
optrede is deurspek met kommunistiese denke maar word onder die vaandel
van demokrasie en menseregte as edel voorgehou. Dit terwyl menseregte
geen noemenswaardige plek kry in die bedeling nie, tensy jy ‘n krimineel
is. Die aard van die demokratiese stelsel verskraal die moontlikheid
van ‘n verantwoordelike regering tot bykans nul en die gevolg van dit
alles is dat grond, rykdom, menswaardigheid en lewens van blankes
gestroop word en aan tans bevoordeeldes gegee word.
Wat is die
oplossing? As daar geen opsie binne die partypolitieke bestel bestaan
nie, moet ons daarbuite gaan soek. Dit is presies wat die VVK gedoen
het. Volgens die riglyne deur die plaaslike- en internationale volkereg
daargestel, fasiliteer die Volksraad Verkeising Kommissie ‘n verkiesing
waarin die volk vir hom leiers kan verkies tot ‘n volksraad. Die
volksraad sal dan met ‘n mandaat selfbeskikking vir die volk eis.
Terwyl
die besonderhede uiteraard nog nie ter sprake is nie, behoort die visie
van die einddoel reeds in elke vryheidsgesinde Boere- Afrikaner se
verbeelding te vergestalt. ‘n Eie regeringstelsel, ‘n eie
Godsdiensbeleid, eie howe, eie hospitale waarvoor mens nie belasting,
mediese fonds en dan die mediese kostes ook te betaal nie. Dienslewering
deur volksgenote in jou eie taal. Paaie wat in stand gehou word sonder
dat duisende ekstra tolle geëis word. Hierdie is enkele gedagtes van
hierdie toekomsvisie.
Om hierdie doel te bereik moet soveel as moontlik volksgenote registreer by die VVK en stem vir die volksraad.
Op
9 April 2011 word verskeie registrasiepunte van vroegoggend af in
Pretoria bedryf. Kyk uit vir die tente, volg die musiek of die reuk van
worsrolletjies en registreer in die Ooste van Pretoria op die hoek van
Lynnwood en Hans Strydom; of in die Weste by die park in Van der Hoff
Weg; of in die Noorde by die Bosveld Deli op die hoek van De Wilt en
R513; in Verwoerdburg op die hoek van Theuns van Niekerk en Escort
straat in Wierdapark of in die Moot by Codonialaan net noord van Michael
Brinkstraat.
Doen jou deel vir die vryheidseis van jou volk en registreer by die VVK!
Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika