Komaan, waar is julle stemme nou?‘n Groepie studente dink hulle
is snaaks en neem ‘n foto van ander studente wat maak of hulle Adolf
Hitler is. Wat gebeur? Die radiostasie wat dit gedoen het, word gedwing
om die foto en inskrywing van hulle Internet-blad te verwyder omdat
hulle so onsensitief was.
Die mense wat kla, is geïdentifiseer
as “luisteraars”. Dit gaan oor gebeure wat 70 jaar gelede plaasgevind
het toe hierdie studente nog nie eers ‘n vonkel in Ouma en Oupa se oë
was nie. Vir ‘n groep mense is hierdie deel van die geskiedenis baie
sensitief en hulle werk hard daaraan om te sorg dat die kollektiewe
geheue behoue bly – almal in die wêreld moet altyd onthou wat Adolf
Hitler aan Jode gedoen het.
Met watter weergawe van die
geskiedenis ‘n mens ook al saamstem, moet ‘n mens hulle ter ere nagee –
hulle slaag beslis daarin om die “Holocaust” lewend te hou.
As
ons Boerevolkie maar kon leer om so op die kruine van empatie te ry, sou
niemand ooit vergeet het van die onreg wat in die konsentrasiekampe
teen ons mense gepleeg is nie. Maar dit lê ook in die verlede – nog meer
onrusbarend is die onreg wat vandag gepleeg word teen hierdie selfde
groep mense.
‘n Vyf-en-vyftig jarige boer word in ‘n graf gegooi
en met klippe geslaan en gegooi tot hy dood is. Sy verlamde vrou word
vasgebind en geterroriseer. Sy 84-jarige moeder word vasgebind en
aangerand.
Mense, waar is die openbare protes, waar is die uitroepe van afsku?
Waar
is die “luisteraars” nou? Hoekom hoor ons nie hulle stem teen hierdie
onreg nie? Waarom word die regering en die polisie nie gedwing om in die
openbaar om verskoning te vra dat hulle nie boere beskerm nie?
Wat se kos gaan die “luisteraars” oor tien jaar in Suid-Afrika eet as al die boere doodgemaak en verjaag is?
Dieselfde geld vir belange-organisasie soos die Joodse Raad van
Afgevaardigdes, die Black Lawyers Association, die Black Business
Chamber en sommer ook die Islamitiese Raad. Net so geld dit vir die ANC
Jeugliga wat so graag van die vette van die land lewe.
O ja, en
moenie die ANC self vergeet nie. Ons eis dat hulle hul verontwaardiging
uitspreek oor hierdie grusame voorval en elke ander een waarin ‘n
kosvoorsiener van hierdie land seerkry of vermoor word.
En laat
ons ook maar self ophou om bewusteloos deur die lewe te gaan. Elke
plaasaanval is ‘n aanval nader aan jou! Staan op, praat, raak betrokke!
‘n Foto in die kuberruim lok meer reaksie uit as ‘n man wat lewend begrawe word. Waar gaan ons heen?
Ons
daag hierdie groepe wat hierbo genoem is, en sommer al die ander
belangegroepe in die land uit: As jy môre wil eet, staan op en spreek
jouself uit teen die volksmoord wat besig is om op jou drumpel af te
speel!