Hallo julle
Dit lyk my asof hierdie epos nie afgelewer het nie. Ek het dit gister gestuur vanaf my klein rekenaar. Verskoning as julle daarvoor wag!
W
From: CW Malan [mailto:cwm...@absamail.co.za]
Sent: 22 July 2013 11:37 AM
To: Ewoud-selgroep (ons-se...@googlegroups.com)
Subject: Dag 4
Hallo julle
Hier is dag 4 se stukkie. Ek gaan more nog ʼn stukkie deurgee vir hierdie week. Laat weet my wie die kleingroep geleentheid Woensdag aand gaan aanbied. Ek wil die begeleidende gedeelte vir die persoon deurgee.
Groete
Dag 4
Vandag doen ons iets heel anders. Ons het die afgelope tyd gekyk hoe die Here Homself aan Sy mense openbaar het. Die verhale in die Bybel vertel ons hoe dit gebeur het. Maar vandag is dit jou beurt om ʼn stukkie van jou belewenis van God neer te skryf. Neem jou joernaal, en gaan sit iewers waar jy nie gesteur kan word nie. Dan probeer jy om net ʼn paar minute te fokus op hoe die Here Homself aan jou kom bekendstel het.
· Wie is die Here vir jou?
· Hoe beleef jy Hom?
· Hoe het Hy Homself aan jou voorgestel?
· In watter situasies in jou lewe het jy Hom naby en aktief in jou lewe beleef?
Moenie hierdie oefening net beperk tot vandag nie. Doen dit sommer dikwels. Jy kan dit as ʼn gereelde instelling sommer een keer per maand doen. Geniet dit om self God te ontdek!
Wynand Malan
082 4974704