Michelle Ward
0726116647
mewa...@gmail.com
FLORAUNA VERHOUDINGSGROEPE WEEKLIKS
WAT GEBEUR IN DIE GEMEENTE
Die Paastyd het goed afgeloop. Dankie vir almal wat deelgeneem het: Donderdag aand se nagmaal was goed bygewoon, en ons is dankbaar vir almal wat bereid was om te help met voorbereidings en opruim na die tyd. Ons kry ook goeie terugvoer oor die Paas begeleiding, en ons glo dat elkeen wat daaraan deelgeneem het, dit sinvol gevind het.
Die komende week is ʼn kort week, en volgende naweek het ons weer ʼn langnaweek met Vryheidsdag wat hierdie jaar op die Sondag val. Wynand hanteer die oggenddiens as ons saam gaan dink oor die verhouding tussen vryheid en verantwoordelikheid. Tydens die aanddiens gaan Wynand ʼn bietjie verder gesels oor die onderwerp deur te kyk wat vryheid nou eintlik beteken. Onthou daar is geen kapel diens Sondag oggend nie, slegs een oggenddiens om 09:00. Die aanddiens vind ook in die kapel plaas.
STUDIE EN GESPREKSMATERIAAL OOR PAASFEES
Daar is op die webwerf onder die opskrif "PAAS BEBELEIDING 2014" ʼn aparte gids geplaas wat jou kan help om die materiaal wat ons met die Paasbegeleiding aangebied het, in jou groep te gebruik.
AKTIWITEITE IN GROEPE
Paasnaweek het hom daartoe geleen dat groepe op ʼn meer ontspanne en kreatiewe wyse bymekaar kon kom. Dis lekker om te hoor van kleingroepe wat sommer net saam gebraai en gekuier het. Een van ons groepe is Maandag oggend dou voor dag teen die berg op om saam die sonsopkoms te beleef as viering van God se nuwe lewe en Sy lig in ons lewens. Die meegaande foto sê iets van die pret wat ons saam beleef het.
Vrede vir elkeen
Wynand Malan