Hallo almal
Dankie vir die terugvoer oor die stukkies en die gespreksriglyne. Dit help my baie.
Ek wil net gou van julle hoor of julle die DVD van Louie Giglio al gesien het? Indien nie, sal julle volgende geleentheid ʼn DVD geleentheid wees, met ʼn kort gesprek daarna.
So nie, gaan julle vandag en Maandag ʼn dagstuk ontvang vir julle groep byeenkoms volgende Woensdag. Dit maak sin om elke tweede dag ʼn stukkie te ontvang.
Ek wil eintlik die stukkie so klein maak dat ek dit per Whatsapp kan stuur - baie makliker as epos. Dan ontvang julle een epos per week, en dan kort stukkies per Whatsapp deur die week.
Ek hoor graag van julle.
Mag julle ʼn heerlike naweek geniet.
Wynand Malan
