Fwd: Die Woord vir Vandag - As jy gejaag het, moet jy rus

0 views
Skip to first unread message

Ewoud vd Merwe

unread,
Mar 26, 2014, 1:54:12 AM3/26/14
to ons-se...@googlegroups.com
---------- Forwarded message ----------
From: "Die Woord Vir Vandag" <wo...@radiokansel.co.za>
Date: 26 Mar 2014 12:45 AM
Subject: Die Woord vir Vandag - As jy gejaag het, moet jy rus
To: <ewoudv...@gmail.com>
Cc:

2014/03/26
Markus 6:31 NV
As jy gejaag het, moet jy rus

Markus teken aan: "Daar was baie mense wat gedurig gekom en gegaan het, sodat Jesus en Sy dissipels selfs nie kans gehad het om iets te eet nie. Hy sê toe vir hulle: 'Kom julle alleen saam na 'n stil plek toe en rus 'n bietjie.'" Niemand het nog ooit 'n groter werk as Jesus gehad nie, en niemand was besiger nie. Maar Hy het die waarde van ontspanning geken. Hy het die balans tussen werk en rus verstaan, en dis hoekom Hy so baie in so 'n kort tydjie reggekry het. Hoe meer suksesvol jy is, hoe groter is die eise vir jou tyd en energie. Mense is wonderlik, maar hulle kan jou dreineer. Soos wat jou loopbaan en roeping groei, gaan dit net al hoe meer so wees. Dit sal jou voortdurende aandag om jouself te hernu vereis. As jy dit nie doen nie, gaan niemand rondom jou dit vir jou doen nie. Werk hard, maar speel net so lekker. Skeduleer dit. As jy dit doen, sal jou gedagtes helderder wees, jy sal beter besluite maak, jy sal die lewe anders sien en jy sal veel meer regkry. Antwoord hierdie vrae: Hoe gereeld skeduleer jy tyd vir rus en ontspanning? Wat doen jy om jou brein te laat rus by die werk? By die huis? Wat sou jy gedoen het as jy een hele dag vir jouself gehad het? As jy sukkel om daardie vrae te antwoord, moet jy bid: "Here, leer my hoe om te rus. Wys my hoe ek na U kan draai en hernu kan word."

Sielskos: Gen 1:1-2:3; Joh. 1:1-18

Het die dagstukkie u vandag geseën? Ons sal bly wees indien u dit met 'n vriend/in sal deel.

Moet asseblief nie op hierdie e-pos terugantwoord nie.
Kopiereg 2014 Radiokansel
Skakels na Bybelverse: You Version

Besoek ons webblad by www.rad iokansel.co.za
As jy dink dat jy verkeerdelik hierdie e-pos ontvang het, of wil die intekening stop, stuur 'n e-pos na webm...@radiokansel.co.za
met die subject 'unsubscribe dagstukkies'.

This e-mail was sent to: ewoudv...@gmail.com

 

 


Reply all
Reply to author
Forward
0 new messages